Avant maak plaaswerk maklik

Avant-5
Die Avant se 860 met die vurkhyser kan ‘n gewig van tot 1,5 ton oplig. Hier demonstreer die 860 hoe maklik hy ‘n baal kan optel en verskuif.
Die Avant 860 is voorwaar ‘n werkesel wat jy vir talle take op die plaas kan inspan. Die voorlaaier met sy meer as 100 verskillende stukke spesialistoerusting wat in ‘n kits aangeheg word, het genoeg krag en raakvatvermoë om al die take met lekkerkry klaar te kry.
Wally Loftie-Eaton, eienaar en bestuurder van Avant Suid-Afrika en Charl Kemp, hoofbestuurder van die Avant Gauteng-tak, het vanaf hulle uitstalruimte by Nampo 2023 vertel waartoe die Avant 860, wat tans op spesiale aanbieding is, alles in staat is. Die manne kon nie uitgepraat raak oor die vermoëns van die werkesel nie. Hy staan ook bekend as ‘n vurkhyser vir ruwe terrein, ‘n mini-laaigraaf en ‘n kompakte slootgrawer, want afhangend van watter gereedskap jy aan hom koppel, verander die masjien met sy dieselaangedrewe Kubota V1505-enjin in ‘n oogwink van gedaante.
Die Avant 860 is 2 550 mm lank en 2 035 mm hoog, wat hom beweeglik in ‘n boord of plantasie maak. Met die vurkhyser kan hy ‘tot 800 kg tot op ‘n hoogte van 2,8 m oplig. Die 28 kW-enjin tweespoed-aandrywing bring jou waar jy ook al op die plaas moet wees teen ‘n spoed van of 11 km/h, wat nie die hoenders op hol gaan jaag nie, of 22 km/h wat sorg dat jy darem nie heeldag vat om van die een taak na die ander te beweeg nie.

Die Berti-reeks kappers, is vir geskik vir ontbossing.
Met die voorlaaierbak maak hy kleingeld van grondverskuiwing en met nog ‘n stuk nuttige toerusting kan jy gou en akkuraat ‘n sementblad gooi.
Wally-hulle het veral klem daarop gelê op hoe maklik dit is om met die masjien sonpanele te was. In vandag se dae waar al hoe meer boere Eskom systap en sonpanele gebruik om volhoubaar krag op te wek, kan jy ‘n borselarm aanhaak wat sonder sukkel tot 4 000 panele op ‘n dag kan was, hetsy op ‘n dak of op ‘n raamwerk op die grond. En as jy daarmee klaar is, kan jy die grassnyer aanhaak en sommer die gras onder die sonpaneelraam sny.

Wally Loftie-Eaton, eienaar en bestuurder van Avant Suid-Afrika.
“Talle verskaffers van sonpanele gebruik die Avant 860, want jy kan die lomp panele sonder sorge aflaai en met die vurkhyser op die regte plek plaas en vasskroef,” vertel Wally.

Charl Kemp, algemene bestuurder van Avant se Gauteng-tak.
In ‘n plantasie is die werkesel net so nuttig. Omdat hy relatief klein is en knap kan draai, is hy ideaal om enkele boomstompe op te tel en te stapel sodat dit met die vurkhyser op ‘n vragmotor gelaai kan word.
In ‘n neuteboord is die Avant 860 net so nuttig, want met skudtoerusting kan tot 70 neutbome per uur die neute laat grond toe tuimel, gereed vir bymekaarhark en aanry skuur toe. Alles met die Avant 860 se flukse diens …
Die Smooth Drive is ‘n skokbrekerstelsel wat help dat die klein kalant ligvoets oor vrugte in ‘n krat oor ruwe terrein uit die boord kan vervoer sonder dat vrugte in ‘n krat skud, skaaf of kneus.

Die Avant 640 en skudtoerusting.
Die OptiDrive is ook ‘n vernuwing wat in plaas van meganiese wringaste gebruik maak van afsonderlike hidroulies-aangedrewe motors op elke wiel. Dit gee die voorlaaier nog meer stukrag. Die rubberbande is standaard 26×12.00-12”.
Die teleskopiese arm (‘boom’) is standaard, maar verskillende kajuitopsies, ook een met lugversorging, is beskikbaar.
“Dit is nou werklik ‘n gewilde masjien wat al jou plaastake sonder sukkel klaarkry!”
Avant is ook die plaaslike verspreiders van die Berti-reeks kappers wat gou klaarspeel met takke van tot 130 mm dik. “Die kappers wat ideaal is vir ontbossing, maak die Avant 860 net nog meer skouspelagtig,” se Charl. As deel van die NAMPO 2023-skouaanbod is die kappers teen ‘n baie goeie prys beskikbaar.

Die SunBrush word gebruik om sonpanele skoon te maak.
Gaan kyk gerus na Avant se webtuiste waar die Avant 860 en sy mede-werkesels en al die nuttige toerusting wat aangehaak kan word om die toepassing van die werkesel so veelsydig te maak, mooi verduidelik word.
Klik ook op die skakel hieronder om meer te sien van hulle wye verskeidenheid produkte wat by NAMPO 2023 beskikbaar was:
Vir meer inligting, kontak Avant by 021-851-0722, stuur ‘n e-pos na wally@avantsa.co.za, of besoek die webtuiste by https://avantsa.co.za/.