Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 1st July 2025

As jy dit kan droom, kan Drotsky se ingenieurs dit bou … selfs al is dit nie ‘n hamermeul nie

By 2 min read
440 words

ebd27e1e-3646-4e94-b5e7-dd81cd3eced5

As jy albekend is met die gehalte van Drotsky se voermengers en hamermeulens, weet jy dat die Drotsky-span hulle hart en siel in elke projek sit. Hulle bou masjiene wat duursaam is en jou werk vergemaklik.

Wat minder mense egter weet, is dat die maatskappy ook ingenieurswerk doen. Hulle het byvoorbeeld in Maart vanjaar gehelp om ‘n waterbehandelingsaanleg by ‘n papierfabriek in Geduld, Springs, te voltooi.

Hoewel hierdie projek sommige uitdagings ingehou het omdat hulle as subkontrakteure aangestel was, het die Drotsky-span baie hieruit geleer. Hulle het nie die ontwerp vir die aanleg self gedoen nie en moes dus werk volgens die planne wat vir hulle gegee is en ook saam met verskeie ander departemente werk. Maar by Drotsky weet hulle hoe om in ‘n span te werk.

Hierdie aanleg is net een van verskeie ingenieursprojekte wat Drotsky al voltooi het. Die aanleg in Springs lê hulle na aan die hart, maar hulle het ook ‘n struktuur in Port Elizabeth opgerig waarop onder meer verskepingshouers geberg kan word.

Die struktuur wat Drotsky in Port Elizabeth gebou het.

Die Drotsky-ingeniuerspan is buigsaam en stel hulle klant eerste in elke projek. Hulle sal vir jou raad en kundigheid bied wat strek uit jare se ondervinding en ingenieurservaring, maar tog nie hulle idees op jou probeer afdwing nie.

Wat die span so dinamies maak is die feit dat hulle alles kan doen. As jy reeds min of meer weet wat jy in gedgte het, kan vir jou ontwerpe opstel, of hulle kan van jou reeds bestaande ontwerp af werk om jou droom ‘n werklikheid te maak. Hulle kan dus help met die ontwerp, die beplanning, die vervaardiging en ook installasie indien dit moontlik en nodig is.

Van die ingenieurswerk wat Drotsky onlangs by ‘n papierfabriek voltooi het.

Drotsky se ingenieurs het jare se ervaring en kennis om jou met enige projek te help.

Drotsky kan saam met jou enige projek aanpak en sal nou saam met jou werk om te verseker dat hulle aan al jou behoeftes voldoen. Die span gaan ook uit hulle pad om te verseker dat jou projek betyds klaar is, selfs al moet hulle soms na-ure werk.

Hulle ingenieursdienste sluit metaal- en plaatmetaalvervaardiging in. Hulle kan filterhuise en rame bou, strukture oprig, pypkanale en vlekvryestaalpype bou en aanlê, hulle kan aste draai, buigwerk doen en profielwerk met ‘n plasma- en lasersnyer doen. Hulle doen ook algemene ingenieurswerk soos sweiswerk.

Hoewel hulle op die stadium spesialiseer in die bou van komponente vir afvalbestuur, kan hulle enigiets in enige bedryf bou.

Besoek die Drotsky-webtuiste by www.drotsky.co.za om meer te wete te kom en om met hulle te skakel.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0