Categories: Articles, Resource managementPublished On: 27th February 2018

Alles is in ’n naam: Oom Kallie Khaki help jou om dit met trots te dra

By 3 min read
493 words
oom kallie khaki

reg 4 oom kallie

Boere, groot trekkermaatskappye, saadagentskappe, bakkies, vragmotors en nog vele ander glo daaraan om hulle handelsmerk met trots te vertoon. So hoekom dit dan nie op elke kledingstuk plaas nie? Op so manier kan almal mekaar op elke boeredag uitken. En omdat almal in die landboubedryf hardwerkend is en veral boere buite in die natuur werk, moet dit natuurlik ook gehalte klere wees.

Daarom het hulle ‛n verskaffer soos Oom Kallie Khaki nodig om hulle te help om hulleself smaakvol te merk… en dit is vir Oom Kallie Khaki ‛n groot voorreg om deel van elke maatskappy te wees.

Oom Kallie Khaki is ‛n klein, maar uiters professionele maatskappy wat klerasie en bykomstighede aan die landbousektor, 4×4-mense en buitelugsoekers verskaf. Leatitia Smit, eienaar van Oom Kallie Khaki, sê: “In vandag se gejaagde lewe en onvoorspelbare ekonomiese toestande kan dit ’n groot uitdaging wees om die regte bemarkingsprodukte te kry om jou produk bo ander te laat uitstaan. En alles gaan vandag oor bemarking.”

Oom Kallie Khaki glo in goeie diens en waarde vir geld. Hulle probeer hulle produkte so bekostigbaar moontlik hou en daarom aanvaar hulle slegs bestellings van 25 items of meer. “Persoonlike diens en kontak met ons kliënte is vir ons van die uiterste belang,” sê Leatitia. Michelle Lombard het hempies by Oom Kallie Khaki bestel vir haar man en pa se organisasie. Sy sê sy is baie tevrede met hulle diens.

“Hulle help altyd en het vinnige en vriendelike diens. Ek bestel graag daar,” sê sy.

Oom Kallie Khaki weet ook dat boere graag met hulle kinders spog en daarom het hulle onlangs hulle eie klein klerereeks vir boere se kinders geloods om hempies, hoedjies, vellies en nog vele ander produkte te verskaf. Dan kan boetie presies soos pappa lyk.

Boere van die Noord-Kaap, Vrystaat en Wes-Kaap wat te ver is om hulle winkel in Benoni te besoek hoef nie bekommerd te wees nie, want hulle kan maklik aanlyn op Oom Kallie Khaki se webwerf hulle klere koop en laat aflewer.

Wat hulle alles bied:

  • Borduurwerk
  • Lasersnywerk
  • Blokdrukwerk – drukwerk op enige voorwerp – so kan jy selfs jou penne bemark en aan jou lojale kliënte uitdeel.

oom kallie khaki

Hulle klerereeks:

  • Hemde, gholfhemde en T-hemde
  • Kortbroeke en langbroeke
  • Hoede en kepse
  • Skoene
  • Beursies
  • Skryfbehoeftes
  • Kinderitems (hemde, hoede, vellies, ensovoorts)

oom kallie khaki

Hulle is ook trotse verskaffers van:

  • Sterling Outdoor
  • Trout Beck
  • WildWay-klerasie
  • Tarzan-skoene
  • Freestyle-skoene
  • Salty
  • Claw
  • TEESAV Boere sal Oom Kallie Khaki se vriendelike mense vind by skoue, feeste en veilings. Hulle is eersdaags te sien by die Randfontein-skou, NAMPO-oesfees en Royal-skou. So as jy die handelsmerk Oom Kallie Khaki sien, maak seker jy stop daar en merk jouself.

Hulle winkel in Benoni is ook ’n besoek werd. Die adres is Winkel 3, High Road 92, Maroudas-sentrum, Benoni. Gaan kuier op hulle aktiewe webblad om jou klere aanlyn te bestel, www.oomkalliekhaki.co.za, of bel vir Leatitia Smit by 081-2166748 of 082-447-2668 of stuur vir haar ’n e-pos na info@oomkalliekhaki.co.za

oom kallie khaki

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 27th February 2018

Go to Top