Categories: NuusPublished On: 10th October 2018

Agri SA kondig hul direksie by 2018 Kongres aan

By 1 min read
243 words

AgriSA bestuur

Pierre Vercueil, Phenias Gumede, Patrice Motsepe - Miljardêr en stigter van African Rainbow Minerals, Dan Kriek en Omri van Zyl by die Agri SA kongres.

Agri SA is trots om hulle direksie, wat by die 2018 kongres verkies is, aan te kondig. Die direksie is verteenwoordigend van die hele landbou-waardeketting, insluitend Agri SA se provinsiale affiliasies, bedryfsorganisasies en korporatiewe-lede.

“Die presidentskap is ‘n besonderse voorreg. Ek is verantwoordbaar teenoor die boere en sal getrou aan Agri SA se grondwet en mandate bly,” sê Dan Kriek, die herverkose Agri SA President. “Die afgelope jaar was ‘n vuurdoop, veral gegewe die geweldige druk waaronder boere verkeer weens onder andere plaasaanvalle, droogtetoestande en bedreiging van onteiening sonder vergoeding (OSV)”

Dan is ‘n stoetboer in die Vrystaat en is reeds vir verskeie jare in Agri SA se strukture betrokke. Hy het as Vrystaat Landbou se President en Agri SA se Adjunk-President gedien. Dit is sy tweede termyn as President van Agri SA.

Die Agri SA Direksie vir 2018/19 is:

Dan Kriek                              – President

Pierre Vercueil                      – Adjunk-President

Phenias Gumede                 – Adjunk-President

Cornie Swart                         – Algemene Sakekamer verteenwoordiger

Doug Stern                           – Algemene Sakekamer verteenwoordiger

Francois Wilken                    – Algemene Sakekamer verteenwoordiger

Jaco Minnaar                        – Bedryfskamer verteenwoordiger

Niël Joubert                          – Bedryfskamer verteenwoordiger

SK Makinana                        – Bedryfskamer verteenwoordiger

Gerhard Diedericks              – Korporatiewekamer verteenwoordiger

Rossouw Cillie                      – Korporatiewekamer verteenwoordiger

Nic Bronkhorst                      – Korporatiewekamer verteenwoordiger

Dr Charlotte Nkuna              – Onafhanklike Direkteur

Dr Kathy Hurley                    – Onafhanklike Direkteur

“Ek kon nie vir ‘n beter direksie, wat my en Agri SA in hierdie belangrike tye ondersteun, gevra het nie. Ons sien uit na ‘n produktiewe jaar wat voorlê!”

Bron: Agri SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0