Categories: NewsPublished On: 28th June 2016

Agri-Expo Livestock vertoon en bevorder die veebedryf

By 1 min read

Agri-Expo Livestock banner

‘n Heerlike veegeleentheid word in Oktober by Stellenbosch gehou met inligting, kampioenskappe en uitstallings oor die hele veebedryf. Dit word deur Agri-Expo Livestock aangebied.

Die doel is om ‘n platform vir handel  te skep en om die jeug ook aan te moedig om in die landbousektor betrokke te raak. Die geleentheid sal van Donderdag, 13 Oktober tot Saterdag, 15 Oktober 2016 by Sandringham, net buite Stellenbosch, plaasvind.

Tydens hierdie gesogte geleentheid sal besoekers wêreldklas beeskampioenskappe,  jeugskoue en baie meer kan ervaar, terwyl die hoogtepunt die kroning van die Suiwelkoningin en Rooivleiskoning of -koningin sal wees. Agri-Expo Livestock fokus op die volgende sektore: Voeding, Genetika, Dieregesondheid, Higiëne, Melk- en Suiweltoerusting, Dienste, Opleidingsinstellings en Waardeketting-produkte.

Die Agri-Expo Livestock is familie-vriendelik, en daar sal elke dag baie bedrywighede vir oud en jonk wees. Johan Ehlers, hoofuitvoerende beampte, sê dat die ekspo die opvoeding van die jeug oor die belangrikheid van die veebedryf as uiters belangrik ag en dat hulle dit graag wil bevorder.

Kaartjies sal by die hek te koop wees op die dae wanneer die ekspo aangebied word, so wees vroeg daar om joune te kry. Kaartjies kos R50 vir volwassenes ouer as 18 jaar, R30 vir kinders tussen 13 en 18 jaar, en kinders onder 13 jaar kan gratis toegang kry.

Stellenbosch en die omliggende areas bied ‘n wye verskeidenheid van verblyfopsies wat in elke behoefte voorsien. Die opsies is op die geleentheid se webblad te sien by www.livestock.org.za.

Besoek die webblad om meer uit te vind, en volg die geleentheid op Facebook, Twitter (@AELivestock) en Instagram (@agriexpolivestock) vir daaglikse opdaterings.

Bron: Lumico

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment