Agri Afrika – Maak staat op hulle elke keer

471277063_122179091396107093_64592537602390452_n
Agri Afrika stap elke tree saam met die boer. Diens en ondersteuning is die beleid van Agri Afrika.
Agri Afrika verskaf duursame en betroubare plaaslike en internasionale werktuie aan die boere. Hulle werk noukeurig saam met boere om hulle behoeftes te bepaal en daaraan te voldoen, selfs al moet hulle dit invoer of self ontwerp en vervaardig.
Die maatskappy voorsien ‘n wye reeks werktuie van handelsmerke soos Legend, Great Plains, Ombu, J&M, Graham en Anderson. Hulle reeks behels onder meer tapkarre, skoffels Roleg, kantelwaens, planters, grondbewerkings toerusting en sonneblomtafels.
Legend-sykantelwa
Na vele versoeke van boere het Agri Afrika die Legend-sykantelwa ontwerp en vervaardig. Die kantelwa is ‘n bate vir enige plaas. Anders as ander graanaanrywaens wat ‘n V-vormige bodem het sodat die graan na onder uitvloei, het die Legend-sykantelwa ‘n plat bodem.
Dit beteken hy kan hidroulies optel om die vrag net so vinnig soos ‘n V-vormige bak af te laai. Boonop kan jy die kantelwa ook gebruik om ander produkte op die plaas te vervoer.
Die wa se kante kan heeltemal afgehaal word wanneer bale of groot vragte vervoer moet word. Omdat die wa se bak na die kant kantel, kan hy gebruik word op plekke waar daar hoogtebeperkings is en ‘n gewone wa se bak nie sou kon oplig na agter nie.
Die Legend-sykantelwa het ‘n robuuste onderstel en hy is ten volle padwaardig.
Ombu-sonneblomtafel
Die Ombu-sonneblomtafel pas aan enige stroper. Die lang verstelbare panne verhoed dat boere enige oesverlieste lei, met die sny lem en roller kombinasie is daar minimum versteuring aan die plant en kan sonneblomme met groen stamme ook gemaklik gestroop word.
Die tafel kom oorspronklik uit Argentinië en hoewel hy sterk en taai is, draai hy besonder lig sodat hy min stroperkrag verg en geen diesel vermors nie. Die Ombu-sonneblomtafel kan vinnig aan enige stroper gemonteer word.
Teen ‘n stroperspoed van 10 km p/h draf die Ombu sommer in ‘n japtrap deur jou lande. Dit is ook maklik en goedkoop om die tafel te onderhou.
Legend-tapkar
Die enkelawegaar ontwerp van Agri Afrika se Legend tapkarre word ondersteun deur ‘n robuuste onderstel wat ontwerp is om meer graan te dra, vinniger te vervoer en spoedig af te laai.
Die tapkar bestaan uit los panele wat aanmekaar vasgebout word. Hierdie ontwerp verhoed dat die bak kraak en indien iets sou verkeerd gaan met een van die panele, is dit maklik en goedkoop om net een paneel te vervang.
Die bak is so ontwerp dat al die graan na die middel vloei waar die awegaar dit teen 11,000ℓ per minuut kan optel en uitlaai.
Die Legend-tapkarre kom ook in drie groottes, naamlik die CB23, CB30 en CB40 wat onderskeidelik ‘n kapasiteit van 23 000 ℓ tot 40 000 ℓ het.
Indien jy lekker en voorspoedig wil boer, is Agri Afrika al die pad aan jou kant met vernuftige tegnologie-oplossings. Besoek hulle webtuiste by www.agriafrika.co.za om te sien hoe hulle jou kan bystaan.