AGI DOEN DIT WEER – met tegnologie en ervaring, die keer saam met TKB

WhatsApp Image 2025-04-24 at 07.33.17
AGI se gevorderde droëertegnologie maak doeltreff ende omgewingsbeheer moontlik vir boere.
Wanneer ’n boer besluit om in tegnologie te belê, is dit nie bloot ’n modegier nie – dit is ’n strategiese skuif vir volhoubaarheid en groei. Tian Kruger Boerdery (TKB), gevestig in die hartjie van die Groblersdal-distrik, is ’n sprekende voorbeeld van hoe vooruitdenkende besluitneming nie net produksie verhoog nie, maar ook risiko verminder.
TKB is ’n dinamiese, gediversifi seerde boerdery wat sy merk regdeur die waardeketting maak. Volgens JP Viljoen, een van die bestuurders, is dit juis hierdie diversifi kasie wat TKB onderskei van baie ander boerderye.
Die Boerdery bestaan uit verskeie afdelings wat mekaar aanvul en versterk:
- ’n vooruitstrewende sitrus- en aartappelboerdery waarin hulle streef om die hele proses van A tot Z self te beheer – tot by die uitvoerhawe;
- ’n veekomponent wat ’n kommersiële voerkraal en die bekende TKB Bonsmara-stoet insluit; en
- ’n graanafdeling wat hoofsaaklik mielies en katoen verbou.
Hierdie verskeidenheid bied nie net stabiliteit in onvoorspelbare landboujare nie, maar stel die span in staat om die risiko van natuurinvloede te versag en volhoubaarheid te verseker.
Beheer oor tyd, vog en wins: Die waarde van eie graanopberging
“Wanneer jy van ’n derde party vir graanopberging afhanklik is, verloor jy beheer oor jou eie besluitneming,” sê JP.
“Ons het besef dat ons, sonder ons eie berging- en drogingsfasiliteit, nie werklik strategiese besluite kon neem oor ons graan nie. Jy is uitgelewer aan beskikbaarheid, die weer, en die mark – en dikwels word jy in ’n hoek gedruk om besluite te neem wanneer dit jou nie pas nie.”
Om hierdie uitdaging die hoof te bied, het Tian Kruger Boerdery besluit om ’n silo en droër op die plaas op te rig, sodat hulle self kan besluit wanneer en hoe die graan gestroop, gedroog en geberg word. “Met ons eie geriewe hoef ons nie meer te wag vir die geskikte voginhoud of te vrees dat ons tyd gaan uitloop nie. Nou kan ons stroop wanneer dit vir óns reg is, en die graan berg tot die mark reg is – sonder om iemand anders se risiko’s of tydlyne op ons te neem.”
Só skuif die krag van die mark terug in die boer se hande, en die voordele wat voorheen na die middelman gegaan het, bly nou op die plaas.
Waarom AGI? ’n Besluit gebou op ervaring en vertroue
In ’n tyd waar oorgenoeg inligting beskikbaar is, kan dit, ironies genoeg, moeilik wees om die regte besluite te neem. “Ons leef in ’n era waar jy enigiets kan opsoek, maar dit beteken nie noodwendig jy gaan die regte antwoord kry nie,” verduidelik JP.
“Ons het besef die beste raad kom nie van die internet af nie, maar van boere wat al self deur die proses is.”
TKB het doelbewus gaan aanklop by medeboere wat reeds silo-aanlegte en droërs op hulle plase opgerig het, en ’n reeks praktiese vrae gevra:
- Hoe was die diens met die aankoop?
- Hoe was die diens tydens oprigting?
- Hoe was die instandhouding na afloop van die oprigting?
- Hoe is die naverkopediens?
Terwyl dit makliker was om inligting oor silo’s in te samel, het droërs ’n groter uitdaging ingehou — min mense kon eerstehands raad gee. “Op grond van eerlike terugvoer van ander boere oor wat werk en wat nie werk nie, het ons met vertroue besluit om saam met AGI te werk. Die oplossing wat ons vandag op die plaas het, is ’n direkte resultaat van daardie insette en ons soeke na ’n langtermynvennoot.”
Die aanleg bestaan uit ’n 2 500 ton AGI-silo wat ruim voorsiening vir hulle graanopbergingsbehoeftes maak. Om volle beheer oor vogvlakke te verseker, is ’n AGI-droeër geïnstalleer wat teen 10 ton per uur kan afdroog —van 24% na 14% — met ’n ingeboude verkoelingseksie vir optimale gehaltebeheer.
Die hanteringstoerusting op die aanleg is in staat om tot 100 ton graan per uur te verwerk, wat beteken daar tydens die stroopseisoen gee tyd gemors word nie. ’n AGI MPI 120-skoonmaker sorg verder dat die graan wat in die silo gaan, aan die hoogste standaarde van gehalte en markvereistes voldoen.
“Elke komponent is gekies met die oog op wat ons plant, die volume wat ons hanteer en die onafhanklikheid wat ons soek,” sê JP.
Elke boerdery se behoeftes verskil, en Tian Kruger Boerdery het dit duidelik verstaan toe hulle hulle graanhanteringsaanleg beplan het. Omdat hulle gewasse hoofsaaklik onder spilpuntbesproeiing geplant word en besproei word vanuit die waterskema – is dit vir hulle van kritieke belang om die lande betyds leeg te kry sodat die volgende gewasse geplant kan word.
“In ons geval was die droër net so belangrik soos die silo,” sê JP.
“Ons kan nou stroop wanneer dit óns pas – nie wanneer die weer of die mark ons dwing nie.” Anders as by baie boerderye waar berging die primêre fokus is, was dit vir TKB die kondisionering van die graan wat voorrang geniet het. AGI en projekbestuurder Dwight Botha het nou saamgewerk met die span om ’n uitleg te ontwerp wat presies aan hierdie vereistes voldoen.
“Hulle het baie tyd bestee om die ontwerp reg te kry, en die eindproduk is 100% in ooreenstemming met wat ons nodig gehad het – presies wat ons van die begin af in gedagte gehad het.”
Jacques Verwey, plaasbestuurder, saam met Dwight Botha, projekbestuurder en AGI konsultant, en JP Viljoen, ook een
van die plaasbestuurders by Tian Kruger Boerdery se nuut opgerigte AGI-silo.
Slim droog en slim berging: Outomatisering neem die raaiwerk uit graanhantering
Om graan veilig en winsgewend op te berg, vereis presisie en beheer — veral as jy jouself van die mark se wisselvalligheid wil losmaak. TKB het dié uitdaging aanvaar met gevorderde tegnologie van AGI, wat temperatuurmonitering in sowel die silo as die droër insluit.
“Daar is altyd ’n mate van risiko wanneer jy graan opberg, veral in ‘n wisselvaliige seisoen soos vanjaar, en daarom het ons ’n volledig geoutomatiseerde stelsel wat vir ons meet, moniteer en beheer gekies,” sê JP.
Die stelsel meet temperatuur op verskeie punte binne die silo én hou ook die buiteklimaat dop. Wanneer die toestande reg is, aktiveer die stelsel outomaties die waaiers en maak ventilasieopeninge oop of toe, presies soos nodig.
“Ons weet nou presies wat ons in die silo insit, en ons weet presies wat ons gaan uithaal. Dit gee vir ons vertroue dat die gehalte van die graan stabiel bly tot dit die plaas verlaat.”
Flink oprigting, binne tyd en begroting – met die regte span aan stuur
Die oprigting van die nuwe graanhanteringsaanleg is nie net ’n suksesverhaal nie, maar ook ’n voorbeeld van hoe ’n goed beplande projek met die regte vennote waardevolle vrug kan afwerp. Die materiaal vir die aanleg is ingevoer vanuit Brasilië en Italië, en die konstruksie self het vlot verloop — binne tyd én binne begroting. JP het lang en ekstensiewe ingenieursondervinding opgedoen by verskeie ander maatskappye.

Met die jongste uitbreiding van hulle opbergingsinfrastruktuur, insluitend ’n nuwe AGI-silo en droër, stel Tian Kruger Boerdery ’n nuwe standaard vir moderne graanhantering in Suid-Afrika.
“Dis een van die beste konstruksie-ervarings wat ons nóg op die plaas gehad het,” vertel JP.
Die hele proses, van grondslag tot voltooiing, het minder as ses maande geneem. Soos met enige bouprojek was daar uitdagings, maar danksy AGI se toegewyde betrokkenheid – insluitend ure en nagte op die plaas deur hulle bestuurspan – is elke probleem betyds opgelos.
“Die projekbestuurder, Dwight, het met sy spesialiskennis en praktiese ervaring as’t ware die roer van die projek vasgehou. ’n Projek soos hierdie verg kundigheid. Daar was baie dinge wat ons self kon doen, maar net soveel wat ons nie sou kon doen sonder iemand wat weet hoe silo’s en droërs werk nie,As dit nie vir die AGI se toeweiding, insette en laataande se werk en ure was nie, sou die projek nie so suksesvol uitgedraai het soos dit het nie,” sê JP.
Die voordele spreek intussen vir hulleself: daar kan vroeër gestroop word met minder stropers, die lande en spilpunte is vroeër beskikbaar vir herplanting, en die gehalte van graan aan kopers is presies, meetbaar en konsekwent. Vir Jacques Verwey, ook ‘n plaasbestuurder by TKB het die praktiese benadering van AGI tydens die projek vir hom uitgestaan.
“Ek is ‘n praktiese mens. Die werk vir my moet loop en die AGI silo asook die oprigting het baie goed ingepas by die manier hoe ons dinge doen op die plaas,” vertel Jacques.
By TKB word elke besluit getoets aan praktyk, prestasie en volhoubaarheid – en die besluit om saam met AGI te werk, het dié toets met vlieënde vaandels geslaag. “Ons ervaring tot dusver was uitstekend,” sê JP.
“Die gehalte van die aanleg wat ons opgerig het, is uitstaande, en die naverkoopdiens het ons verwagtinge oortref.”
Dit is om dié rede dat hulle AGI sonder huiwering aan ander boere sal aanbeveel – nie net vir die tegnologie nie, maar vir die ondersteuning wat daarmee saamgaan.
Vir boere wat oorweeg om hul graanopberging en -hantering na die volgende vlak te neem, is hulp net ’n oproep ver. Kontak gerus vir Dwight Botha by (+27)74-700-2738 vir raad en oplossings wat werk, op die plaas en in die praktyk.