Categories: WildPublished On: 19th November 2024

African Hunter and Outfitters: Jagters en varswaterhengelaars se droomwinkel

By 2 min read

WhatsApp Image 2024-11-12 at 17.48.49

Elke jagter en skyfskieter se droom: African Hunter se ongelooflike vuurwapenafdeling en groot verskeidenheid toerusting.

Noem net die woorde ‘bosveld’ of ‘viswater’ en die bloed bruis woes deur die jagter en hengelaar se are. En die regte manier om ‘n suksesvolle, genotvolle jag- of visvangtog te begin, is ‘n besoek aan die African Hunter and Outfitters winkel in Boksburg.

African Hunter and Outfitters is ‘n skatkis van ‘n wye verskeidenheid vuurwapens, messe, ammunisie, jag- en- visvangtoerusting, asook buitelugklere en -toerusting en alles wat die jagter en hengelaar se hart begeer. Die eienaars spog ook met ‘n vuurwapenakademie vir diegene wat meer wil leer oor veilige en verantwoordelike wapeneienaarskap en -gebruik.

Ivan en Lianda Smith het African Hunter in 2017 gekoop. Hulle is geesdriftige jagters met ‘n wye kennis van die bosveld, wilde diere en die toerusting wat beskikbaar is om jag lekker en suksesvol te maak.

Lianda Smith, Springbokskut, is gereed en bereid om haar skietgeheime te deel

Lianda is ‘n Springbokskut en lei vroue op om ook uitstekend te kan skiet sodat hulle die ongelooflike ervaring van jag saam kan geniet sonder die vrees wat party van hulle vir vuurwapens het.

Geleentheid om elke draai

Ivan vertel dat die winkel aanvanklik floreer het met net jagtoerusting te koop. ‘n Paar jaar later het Ivan en Lianda die geleentheid aangegryp om die winkel uit te brei met ‘n varswaterhengel-afdeling te begin. Sodoende het African Hunter and Outfitters ‘n eenstopwinkel vir Suid-Afrika se jagters en hengelaars geword.

Uitskietdienste

Soos jagters weet, as ‘n bok gekwes word, sny jy spoor en jy soek onophoudelik of die son nou sak agter die blou berge of nie – die bok moet gevind word! Net so is die poging tot diens in hierdie winkel. Ivan en Lianda is gewillig om klante te help met presies wat hulle nodig het. Ivan vertel dat hulle gereeld toerusting wat nie in die winkel te koop is nie vir klante bestel. Hulle stap die ekstra myl om gelukkige en tevrede klante te behou!

Daarbenewens stel hulle ook vuurwapenlisensiemotiverings op vir jagters of ander vuurwapeneienaars. Met jare se ondervinding in die bedryf, verseker hulle ‘n 99% goedkeuring van vuurwapenlisensies met die hulp van African Hunter se motivering. Die een present is vir die moeilike beampte agter die toonbank by die vuurwapenlisensie-afdeling, vertel Ivan. Dis buite hulle hande.

Oop deure en lekker biltong

African Hunter and Outfitters se deure staan wawyd oop – reg om jou met ope arms te ontvang. Of jy nou toerusting, motiverings of net kennis nodig het, die span verwelkom jou graag en het ook lekker biltong te koop vir die lang of kort pad huis toe!

Besoek die African Hunter and Outfitters winkel by die Key Largo-sentrum in Trichardtstraat, Bardene, in Boksburg om jou jag- en visvangdors te les.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1