Firestone se landboubande bespaar boere tyd en geld

firestone 1
Artikel verskaf
Ons almal weet: Om te boer is harde werk. Jy staan op voordat die son opkom en kom eers tot rus lank nadat dit ondergegaan het. Sestien uur per dag, ses tot sewe dae per week ploeg jy baie stowwerige kilometres om voordat jou dag verby is.
Jy werk hard om ’n goeie oes en gesonde vee te produseer om ’n bestaan te maak en ’n nasie te voed. En selfs buite seisoen duur die werk voort – met instandhouding, herstelwerk en administrasie.
Boerdery is ’n fisiese sowel as geestelike uitdaging, met al die beproewinge en swaarkry. Die verbintenis met die grond maak die roeping van die boerdery ’n eerbiedwaardige tradisie.
“Boere boer vir die liefde van boerdery. Hulle hou daarvan om die plante te sien groei en dit te koester. Hulle hou daarvan om in die teenwoordigheid van diere te leef. Hulle hou daarvan om buite te werk. Hulle hou van die weer, selfs as dit hulle onder ’n donker wolk laat,” sê die digter en filosoof, Wendell Berry.

Farm Hard-bande is opgewasse vir die uitdaging
Ondanks al die moderne toerusting en gereedskap, bly boerdery steeds ’n taai taak wat taai toerusting vereis wat jou nie in die steek sal laat nie. Vanaf die voorbereiding van die land tot die insameling van die oes is die keuse van gehalte bande uiters belangrik vir jou boerdery, want betroubare bande ondersteun jou om die werk gedoen te kry, selfs op die moeilikste dae. Landboubande werk onder uiterste toestande, wat vereis dat hulle met die hoogste vlak van tegniese kundigheid vervaardig moet word.
Firestone-landboubande word gerugsteun deur ’n tydgetoetste record van langlewendheid en sterkte. Firestone bied betroubare gehalte in ’n reeks bande wat so hard werk soos jy. Op die lang duur bespaar die regte bande jou tyd en geld, en daar is ’n Farm Hard-bandreeks wat ontwerp is vir jou spesifieke behoeftes en boerdery-omstandighede. Firestone dien Suid-Afrika se boere reeds ’n baie lang tyd en bied die langste bandwaarborg op landboubande.
Boerdery is uitdagend, maar Firestone-bande doen die werk, hoe moeilik die toestande ook al mag wees.

Spesiaal vir jou plaas
Firestone bied drie verskillende soorte bande wat aan landboutoerusting gebruik kan word na gelang van die grondtipes. R1-, R1W- en R2-bande. Die verskil tussen die bande lê in die diepte van die groewe en tappe op die loopvlak. Die R1- en R1W tipes is meer geskik vir die grondsoorte van die Vrystaat en die Hoëveld, terwyl die R2-bandtipes ideaal gemaak word vir die swaarder kleigrond van die kusgebiede.
Daar is bande wat spesiaal ontwikkel is vir minder grondkompaktering, bande vir swaar trekdiens of swaar vragte, bande vir spilpunte en selfs vir laaiwerktuie. Kyk ook uit vir die nuwe Firestone Row-Crop-bande wat later vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Die bande is doelgemaak vir selfaangedrewe hoogloopspuite. Die wydtes wissel om by die boer se rywydtes aan te pas.
Om ’n doeltreffende bandoplossing te vind wat vir jou plaas se unieke omstandighede sal werk, besoek die webblad www.firestone.co.za of besoek jou naaste goedgekeurde Firestone-handelaar.