Categories: Magazine, Magazine (RSA)Published On: 29th January 2018

ProAgri 215 – Januarie 2018

By 1 min read
243 words

0001

Wonderlike tegnologie en ontwikkelings maak dit moontlik om water tot op die laaste druppel doeltreffend te gebruik. Ons kan water opvang, berg, skoonmaak, ontsout, struktureer (lees meer daaroor op bl 21), selfs waterdamp uit die lug trek en laat kondenseer, maar al die slim mense in die wêreld het dit nog nie reg gekry om water te maak nie.

Ons het wat ons het en ons mense is dié deel van die ewige watersiklus wat die meeste skade doen met besoedeling, misbruik en mors van water. Daar word voorspel dat water die diamante, goud, olie en grond van die toekoms gaan wees, met ander woorde die hulpbron wat almal wil hê en wat al hoe skaarser gaan word. Daar is selfs praatjies van oorlog oor water!

Wes-Kapenaars kan getuig hoe dit voel om met 50 liter water per dag klaar te kom. Skielik word  almal gedwing om te dink oor elke druppel. In hierdie uitgawe laat ons u ’n bietjie dink oor water en besproeiing en maniere om waterwys te boer.

Ons ontmoet ook die John Deere Tegnikus van die Jaar, gee ’n paar praktiese wenke met betrekking tot veiligheid en kuier by nog ’n Bonnox-boer.

Onthou om ook ons daaglikse nuus op www.proagri.co.za dop te hou en in te teken op die e-nuusbrief as u dit nog nie ontvang nie.

Sterkte vir die jaar!

Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Laai ProAgri 215 hier af: proagri_215_januarie_2018_web

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0