Categories: RecipesPublished On: 9th February 2016

Hoenderroompotjie

By 1 min read
194 words

14 HOENDERROOMPOTJIE

Lewer 8 porsies

  • olie om in te braai
  • 2-3 groot uie, in ringetjies gesny
  • knoffel na smaak, fyngedruk
  • 25 ml appelkooskonfyt
  • 14-16 hoenderporsies
  • 250 g spekvleis, gekap
  • tiemie, roosmaryn, sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml witwyn
  • 200-400 ml water
  • 16 baba-aartappels
  • 300 g babawortels
  • 300 g geel vlapampoentjies, gehalveer
  • 300 g groen vlapampoentjies, gehalveer
  • 1 kg pekeluie
  • 250 g sampioene

SOUS

  • 1 liter room
  • 60 g (1 pakkie) sampioensoppoeier
  • 60 g (1 pakkie) bruin- of wituiesoppoeier
  1. Verhit die olie en braai die uie oor matige kole in ’n potjie tot goudbruin. Voeg die knoffel en appelkooskonfyt by. Braai ’n paar minute tot die uie karamelliseer.
  2. Voeg die hoender, spekvleis, kruie en die wyn by. Laat prut die hoender vir 45-60 minute. Voeg net genoeg water by sodat dit nie droogkook nie, maar moenie te veel byvoeg nie – voeg liewer later nog by.
  3. Voeg die aartappels en die wortels na die eerste 20 minute by. Kook vir ± 45 minute of tot halfsag. Voeg die vlapampoentjies en uie daarna by. Laat prut vir ’n verdere 15 minute. Voeg die sampioene by.
  4. Meng die sousbestanddele saam en voeg dit by. Die potjie is gereed sodra die groente sag, maar nie pap nie, en die sous lekker dik is.

Uit: Lekker & Vinnig 6: Potjiekos – LAPA samestelling (bl. 32-33)

L&V6_Potjiekos_sm

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0