Categories: RecipesPublished On: 29th January 2016

Tong met mosterdsous

By 1 min read
142 words

1 TONG MET MOSTERDSOUS

Lewer 4-6 porsies

  • 45 ml botter
  • 45 ml koekmeel
  • 300 ml beesvleisaftreksel
  • 15 ml aangemaakte mosterd
  • 125 ml brandewyn
  • 100 g rosyne, oornag geweek in die brandewyn
  • 125 ml room, tot sagte punte geklits
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 gaar beestong, in skywe gesny
  1. Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en roer die meel by. Roer die aftreksel geleidelik by sodat geen klonte vorm nie en laat prut die sous vir ’n paar minute.
  2. Roer die mosterd, rosyne en brandewyn by. Vou die room versigtig in en geur na smaak.
  3. Rangskik die warm tong in lae in ’n oondbak en giet die sous oor, of sit die sous apart voor. Die gereg kan met foelie bedek en teen ’n lae hitte in die oond warm gemaak word.

WENK!

Die sous is ook lekker saam met aartappels, hoender of gaar uitjies.

***

(Uit: Spogresepte, Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie)

Lapa uitgewers

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0