Wintergewasse – 2018 produksieseisoen

DSC_0551
Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,831 miljoen ton, wat 1,71% of 31 800 ton minder is as die vorige skatting van 1,862 miljoen ton, met ‘n verwagte opbrengs van 3,64 t/ha.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 906 300 ton (50%), in die Vrystaat 340 000 ton (19%) en in die Noord-Kaap 294 500 ton (16%). Die oppervlakteskatting vir koring is 503 350 ha. Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 318 000 ha of 63%, die Vrystaat is 100 000 ha of 20% en 38 000 ha of 8% is in die Noord-Kaap.
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 401 840 ton, wat dieselfde is as die vorige maand se skatting. Die oppervlakte beplant word beraam op 119 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,38 t/ha beloop. Die verwagte kanola-oes is met 10,0% of 11 550 ton verminder na 103 950 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 77 000 ha en die verwagte opbrengs is 1,35 t/ha.
Die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir 2018 sal op 29 Januarie 2019 vrygestel sal word.
Bron: Oesskattingskomitee