Wilbonei Boerdery

IMG_8113 (1)
Wilbonei word bedryf op die Plaas Opraap, tussen Klerksdorp en Ventersdorp Noord Wes, sedert 1990. Herman Wilkens is die boer agter die bedryf , en leef elke dag sy passie en liefde uit op die plaas met die hulp van sy doelgerigte span.
Hulle bied haarfyn genetika in hulle Bonsmarastoet, onder beide vroulike en manlike diere, en het 2 keer ‘n jaar FASE D getoetsde teelbulle beskikbaar direk van die veld af, getoets vir trig, vrugbaarheid en vibriose, asook vroulike diere en speenkalwers.
“Ons is ‘n geregistreerde grassaadverkoper en lid van SANSOR. Ons spesialiseer in Smutsvinger- en Eragrostis (oulandsgras) grassaad. Ons lewer aan alle saadmaatskappye asook direk aan die boer wat nuwe aangeplante weidings wil vestig. Ons bied grassaad met uitnemende ontkieming en suiwerheid. Saadmonsters word getrek uit lotte en word getoets deur ‘n geregistreerde laboratorium.”
Smutsvinger- en eragrotis grassaad
Smutsvingergras is ‘n meerjarige somergroeiende polgras wat goed aard in areas waar die jaarlikse reënval 300- 500mm is. Dis ‘n gras wat homself al talle keer bewys het op medium en lae-potensiaal grond. Dit is ‘n soet- weidingsgras wat hoofsaaklik vanaf middelsomer en later benut kan word. Dit is ‘n uitstaande soetgras om as staandehooi te benut. Smutsvinger grassaad kan enige tyd deur die somer gesaai word, maar die beste maande is November, Januarie en Februarie. Op nuwe lande waar onkruid nie ‘n ernstige probleem is nie, kan vestiging ook in September/Oktober plaasvind. In terme van grondvoorbereiding moet die grondoppervlakte droog wees, en ondergrond natter wees met die vestiging van saad, ontkieming sal plaasvind met die eerste goeie reën. Vir vestiging plant 10kg/ha. Let Wel, vars saad ontkiem swak, gebruik dus saad wat die vorige Somer ge-oes is. As ‘n algemene bestuursriglyn kan stikstofbemesting egter so hoog as 200kg N/ha/jaar in die oostelike hoëreënvalgebiede, en tot 120kg N/ha/jaar in die laer reënvalgebiede toegedien word.
Eragrostis (Oulandsgras) is ‘n meerjarige, inheemse, somergroeiende polgras wat die beste groei in gebiede met reënval hoër as 650mm per jaar. Die kwaliteit van die weiding of hooi wat dit voorsien is baie afhanklik van die vrugbaarheidstatus van die grond. Met vestiging is die fosforvereistes van die weiding belangrik en die grond moet gelyk, ferm en onkruidvry wees omrede die saadjie so klein is. Vestiging vind plaas vanaf Oktober tot begin van Desember met 8-10kg/ha. Ter wille van ‘n hoë proteiëninhoud, moet dit gesny word voor dit blom. Ten einde ‘n hoër produksie/ha te verkry, kan dit effens later gensy word. As weiding is eragrostis op sy beste vroeg in die groeiseisoen.
Vir enige navrae oor smustvinger- en eragrostis grassaad, kontak Herman Wilkens by 082-572-6094 of email wilbonei@mweb.co.za.