Categories: ArticlesPublished On: 8th September 2022

Wees veilig met HJN Training

By 3 min read
603 words

hjn 1

Sekerheid en veiligheid is van groot belang vir enige onderneming.

HJN Training is ‘n opleidingsmaatskapy wat tersiêre opleiding doen in veiligheid en sekuriteit in die private sektor. Die maatskapy is gestig deur Hennie van Rooyen wat vir jare in die polisie gewerk het.  

“Ons verskaf al vir 22 jaar top gehalte opleiding,” sê Juandré Michau, direkteur van HJN Training. “Ons bied geakkrediteerde SAQA-kwalifikasies asook kort kursusse in die veld van sekuriteit en veiligheid, en is ook ‘n lid van PSIRA en SASSETA. Ons is ook ‘n afstandonderrigsentrum sodat studente regoor Suid-Afrika by ons kan studeer.”

HJN Training se hoofkantoor is in Centurion en hulle het ook takke in Pretoria, Johannesburg, Polokwane en Vereeniging.

Tot op hede het HJN Training aan 60 000 werknemers vir meer as 200 maatskappye in Suid-Afrika, Namibië, Angola en Botswana opleiding gegee.

HJN verkoop ook vervalsingnaspoorders. “Dit help met die identifisering van vervalste produkte deur ultraviolet lig en X-strale te gebruik,” sê Juandré.

Hulle glo dat opleiding meer is as die oordra van kennis en om vaardighede te verbeter. “Dit is ‘n lewensveranderde ervaring. Ons gewildste program is die polisiëringsprogram,” sê Juandré.

Die kwalifikasies wat hulle aanbied is:

•           Nasionale sertifikaat: Verkeersbestuur

Die kwalifikasie stel die leerder in staat om die konsep van Taktiese Padverkeersoperasies te verstaan, asook die padveiligheidsbestuursomgewing. Dit sal leerders ook leer om as ‘n span saam te werk.

•           Nasionale diploma: Polisiëring

Die doel van hierdie kursus is om ‘n nasionaal erkende kwalifikasie in die wetstoepassingsomgewing te verwerf en om die professionele standaarde van polisiëring te verhoog.

•           Nasionale sertifikaat: Nabye beskerming

Dit is vir die mense wat belangstel in die persoonlike beskerming deur sekuriteitspersoneel en regeringsbeamptes of mense wat beskerm moet word tydens funksies.

•           Private ondersoeker

Private en korporatiewe ondersoeke is die vinnigste groeiende bedryf in Suid-Afrika.

•           Voertuigmisdaadakademie

Dit lei polisie, die private en openbare sektor op teen die misdaad van voertuigdiefstal.

HJN Training het ook verskeie boeke te koop oor forensiese ondersoeke.

“Hennie van Rooyen wat die maatskapy gestig het, het al die boeke geskryf uit sy kennis wat hy in die polisie opgedoen het. Hy het ook sy kennis aan ons oorgedra,” sê Juandré.

HJN spesialiseer nie in plaasaanvalle nie, maar bied ‘n beskermingskursus aan wat jou al die noodsaaklike kennis en vaardighede gee om jouself in ‘n plaasaanval te beskerm. Twee van die kwalifikasies wat hulle aanbied, sluit ook geweeropleiding in.

Juandré het wel wenke vir boere gegee oor hoe om veiliger op plase te wees:

  • Gebruik sekerheidstoerusting tot jou voordeel om vir jou tyd te koop in ‘n aanloop tot ’n plaasaanval. Sorg dat alarms, infrarooi strale en elektriese heinings altyd geaktiveer en in ‘n werkende toestand is.
  • Maak jouself bekend met jou bure en omliggende omgewing sodat jy jou bure of nabye polisie onmiddellik kan kontak as daar gevaar is.
  • Gaan vir opleiding in selfverdediging of nabye beskerming sodat jy weet wat om te doen in ‘n gevaarlike situasie en sodat jy kalm bly en slim kan dink.
  • Jy moet altyd op die uitkyk wees vir enigiets ongewoon op jou plaas. Wees ingestel en bewus van jou omgewing.
  • Moet onder geen omstandighede jou veilige omgewing in jou huis na donker verlaat om ondersoek te gaan instel na ’n probleem buite nie, soos wanneer daar vreemde geluide of alarms is wat afgaan, krane wat skielik om geen verklaarbare rede loop nie of selfs mense wat huil. Skelms dink enigiets uit om mense uit hulle huise te lok net om hulle wreed aan te val.

Kontak HJN Training by 086-099-5220, 078-177-4023 of stuur ‘n e-pos na headoffice@hjntraining.co.za of gaan na www.hjntraining.co.za vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0