Categories: NewsPublished On: 30th June 2016

Water en damvlakke

By 1 min read
165 words

gariepdam

Damvlakke oor al die provinsies daal steeds weekliks en boere raak benoud oor moontlike waterbeperkings wat ingestel kan word. Die opname wat deur die departement van Waterwese op 6 Junie 2016 gedoen is wys ‘n 0,4% afname in damvlakke.

Die damvlakke is nou gemiddeld 53,4% teenoor  verlede jaar hierdie tyd toe dit 76,2% was. ‘n Verdere daling van 10% voor die somerreënval, kan verwag word.

Die Algoa-stelsel wat uit vyf damme bestaan en die Nelson Mandela-Baai area bedien is op 75,9%. Die Amathola-stelsel van die Buffalo City area, het gedaal met 0,6%. Kaapstad se damstelsel het ook met 0,6% gedaal.

Die Klipfonteindam het 17,4%, Goedertrouw 20% en Hluhluwe 13,4% water in. Die Vaalrivier-stelsel is 62,5% vol teenoor verlede jaar die tyd se 82,4%. Die Sterkfonteindam is 89% vol en die Grootdraaidam lê by 84,7%.

As daar na die Oranjerivier gekyk word lê die Gariepdam op 53,4% en die Vanderkloofdam is op 65,1%. By Pietersburg is die damstelsel 51,3% vol.

Van die 211 damme wat gemonitor word, is 12 damme onder 10%, 64 damme het minder as 40% water en 18 damme is 100% vol.

Bron: Departement van Water en Sanitasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0