Wat om te doen as jy in ‘n storm beland?

hailstorm-gauteng
Die storms, hael en vloede verlede week in Johannesburg en Pretoria, het tot 600 nuwe eise vir skade aan voertuie, huise en geboue by Standard Bank se versekerings-afdeling gelei.
Denise Shaw, van Standard Versekering Beperk sê: “Sodra die Suid-Afrikaanse Weerdiens bekend maak dat ernstige storms kan plaasvind, voordat enige werklike skade gedoen is, het die bank al sy planne geaktiveer om te verseker dat kliënte hulle eise so gemaklik as moontlik kan indien.”
Die storms het wyd skade aangerig aan mense se persoonlike eiendom en gelei tot motorongelukke en meer. “Ons is toegewyd om ons kliënte by te staan in enige manier wat ons kan en raai diegene aan wat nie geregistreer is vir stormskade nie om dit dadelik te doen,” sê Denise.
Sy sê ook dat baie versekeringsmaatskappye hulle kliënte met ‘n teksboodskap in kennis stel indien ‘n storm op pad is en sê die boodskappe moet ernstig opgeneem word en voertuie moet onder dakke ingetrek word.
Standard Bank se veiligheidsriglyne:
- Probeer dit vermy om op die paaie te wees as daar ‘n storm is, maar as jy alreeds op die pad is, wees versigtig en ry stadig.
- Verminder jou spoed en moenie te naby aan ander voertuie ry nie.
- Sit jou hoofligte aan sodat ander motoriste jou kan sien.
- As dit nodig is, trek af van die pad af en sit jou noodflikkerligte aan.
- Moenie onder bome parkeer nie aangesien hulle kan omval.
- Wees proaktief en maak seker dat ruitveërs altyd in ‘n goeie toestand is sodat hulle erge storms kan hanteer.
- Moet nooit uit jou motor klim nie, want jy kan seerkry as gevolg van haelstorms.
- Moenie probeer om deur water te ry wat diep lyk of om oor lae brûe te ry nie.
Bykomende maatreëls wat die publiek kan doen om te vermy dat hulle huise en eindom skade ly:
- Maak seker rekenaars, TV’s, dekodeerders en ander toerusting is uitgeprop.
- Maak seker die dak het geen lekplek nie.
- Maak seker die dak se geute is skoon.
- Hou huisventers toe.
“Kliente met eise van verlede week se storm moet dit so gou moontlik indien. Ons werk hard om seker te maak dat alle eise so vinnig as moontlik hanteer word,” sê Denise.
Eise kan geregistreer word deur Standard Versekering Beperk te kontak by 086-012-3444 vir struktuele- en gebou-eise of 086-010-9459 vir voertuigeise of om Standard Bank se selfoontoepassing te gebruik.
Bron: persverklaring