Wat meer wil jy dan nog in ‘n trekker hê… John Deere is mos die beste!

Picture1
Hentie Breedt is die bemarkings- en kommunikasiebestuurder by John Deere. Hy brei in hierdie video uit oor John Deere se hele rits toerusting.
By NAMPO 2024 het John Deere ‘n hele reeks produkte ten toongestel. Een so ‘n reeks produkte was die 5080E trekkers. Die trekkers is twee jaar gelede bekendgestel, maar is intussen opgegradeer volgens die boere se behoeftes.
John Deere se vlagskip trekker, al die pad van Duitsland, is ook bekendgestel. Dit is ‘n voorloper in terme van tegnologie.
Hulle is ook baie trots op hulle S7 stroperreeks. Dit is die meeste geoutomatiseerde en tegnologiese stropers op die mark.
Hentie spog oor John Deere se naverkopediens, wat hy meen die beste in Suid-Afrika is.
Besoek John Deere se webwerf op www.johndeere.com.