Categories: NewsPublished On: 14th July 2016

Warm Natalse plaas behaal sukses met koue aarbeie

By 1 min read
230 words

aarbeie

Cappeny Estates-plaas in Ballito, ‘n dorp wat 40 kilometer noord van Durban geleë is, maak geskiedenis. Aarbeie, wat gewoonlik in lae temperature groei, floreer op hierdie plaas.

Toe Xolani Gumede en sy vrou die plaas in 2013 in ‘n warm en bedompige streek begin het, was hulle nie seker of hulle plan gaan werk nie.

Vandag presteer hy uitstekend op sy 17-hektaar plaas waar hy ‘n verskeidenheid variëteite aarbeie kweek wat baie goed vaar. Sy plaas is die eerste kommersiële projek van sy soort in KwaZulu-Natal.

“Aarbeie verkies kouer klimaat as hierdie in Ballito. Die variëteite wat ons kweek is meer hittebestand as 20, 30 jaar gelede,” sê hy.

Die plaas het ‘n produksiekapasiteit van tussen 1 000 en 2 000 bakkies aarbeie per dag wat plaaslik verkoop word.

Xolani het ‘n lening van $1,5 miljoen gebruik om die projek te begin. Hy sê hy het ‘n oes gesoek wat goed sal doen plaaslik en in die uitvoermark. Sy plaas naby die lughawe maak ook uitvoere en vervoerkostes makliker.

Cappeny Estates verkoop meeste van hulle aarbei as ‘n heel vrug en die res as pulp vir sap en konfyt.

Die plaas is nou gesertifiseer om aarbeie uit te voer regoor die wêreld volgens die Good Agricultural Practices (GAP)-standaarde.

Aarbeie word al vir 60 jaar in Suid-Afrika verbou. Volgens die Departement van Landbou is daar 300 hektaar aarbeie wat vandag in die land gekweek word.

Bron: Freshplaza

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0