Categories: NuusPublished On: 25th February 2025

Vloedskade hulpverlening

By 1 min read
224 words

limpopo

Foto: Limpopo Chronicle

Soos almal weet het die Thabazimbi gemeenskap en omliggende gebiede geweldig baie skade gelei as gevolg van die goeie reëns wat ons ontvang het en die daaropvolgende vloede. Ons maatskappy het onderneem om met opruiming na die vloede en herstel van infrastruktuur te help deur werkspanne op die been te bring.

Hiervoor het ons almal se hulp nodig en rig ‘n vriendelike versoek vir bydraes as volg:

Blikkieskos, gebottelde water, grawe, pikke, harke, kruiwaens, boogsae, oorpakke, skoene en stewels en en enige ander gereedskap om ligte herstelwerke mee uit te voer.

Kontant is besonder welkom om vir al die lone (minimum lone volgens wet), kos, diesel, petrol, ens te kan betaal. Geldelike bydraes kan inbetaal word in ons nie-wins maatskappy se bank rekening by FNB in Thabazimbi. Ons sal artikel 18A belastingvrystellingssertifikate uitreik indien aangevra.

OBARO het goedgunstiglik ingestem om goedere in ontvangs te neem. Toerusting vir skenkings kan ook teen afslagpryse hier aangekoop word. Skakel met Mnr Danie Gildenhuys 082-929-8707 (Bestuurder/Manager Obaro).

Bankbesonderhede: Sustainable Earth Africa Foundation, FNB Thabazimbi, reknr 63080711865.

Ons soek ook na vrywilligers wat sal optree as toesighouers, en persone wat bakkies beskikbaar sal stel om werkspanne en toerusting na operasionele plekke te vervoer.

Vir meer inligting kontak: Sophia Mothoni by 078-550-6205, sophiamothoni923@gmail.com en Wilhelm Schack 083-301-8119, wilhelm@ecogroup.africa

Bron: Eco Group Africa

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0