Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 2nd September 2025

Vlakte Bonsmara Studiegroep se 16de Bulveiling beloof weer topgehalte

By 2 min read
458 words

VlakteBonsmara-NLS-Jul2025 (1)

Met bykans 20 jaar se toewyding en streng seleksieprosesse agter die rug, nooi die Vlakte Bonsmara Studiegroep kopers en belangstellendes na hulle 16de bulveiling, wat op 17 Oktober 2025 plaasvind op plaas Doornpan, Roedtan. Hierdie jaar se veiling beloof om weer diere van absolute topgehalte aan te bied – bulle en vroulike diere wat met trots die groep se naam uitdra.

“Dit is ’n groot voorreg en met baie genade dat ons vanjaar ons 16de bulveiling kan aanbied,” vertel Kobus du Toit, voorsitter van die Vlakte Bonsmara Studiegroep.

Vanweë die kliënte en mede-stoetboere se getroue ondersteuning oor die jare, gehalte diere en gesonde verhoudings word die Vlakte-groep se veilings vandag as van die top veilings in die land beskou.

Streng keuringsprosesse – net die beste is goed genoeg

Wat die groep se veilings besonders maak, is die streng gehalte beheerprosesse waaraan alle diere onderwerp word. Uit ’n poel van nagenoeg 100 bulle is slegs 64 bulle gekortlys vir vanjaar se bulveiling. Hierdie streng keurings vind reeds twee maande voor die veiling plaas, tydens ’n sogenaamde “pre-screening”-proses waar alle telers besoek word.

“Geen uitsonderings word gemaak nie, en slegs die beste diere kwalifiseer om aangebied te kan word,” beklemtoon Kobus. Die finale keuringsproses vind plaas onder die beskerming van Bonsmara SA die dag voor die veiling, wat kopers verseker dat hulle diere van erkende en gehalte stoetstatus aankoop.

Lidmaatskap en aanbod

Die Vlakte Bonsmara Studiegroep bestaan tans uit 20 amptelike lede, waarvan die helfte stoettelers is. Al die diere of dit nou stoet of kommersiële vroulike diere is, gaan deur dieselfde streng keuringsproses. Hierdie fokus op kwaliteit bo kwantiteit plaas Vlakte Bonsmara konsekwent in die boonste 15% van alle Bonsmara-veilings in Suid-Afrika.

Voordele vir kopers

Nog ’n waardevolle voordeel vir kopers is dat die bulle 30 dae omvattend verseker word teen die koste van die studiegroep. Daarby word alle aankope gratis tot 400 km afgelewer, ’n groot byvoeging vir boere wat gehalte diere wil bekom sonder ekstra logistieke bekommernisse.

“Ons hoofdoelwit was nog altyd en sal altyd bly: Tevrede kliënte en volhoubaarheid.”

’n Uitnodiging aan boere

“Ons potensiële kopers kan met vrymoedigheid en gemoedsrus ook vooraf na hierdie diere kom kyk, die middag voor die veiling, die 16de Oktober,” nooi Kobus.

“Kom kuier gerus by ons op Vrydag 17 Oktober 2025 te plaas Doornpan en sien vir jouself hoe lyk ons hard- en handgesekteerde aanbod. Daar sal ook top stoet- en kommersiële vroulike diere op aanbod wees. Ons ontvang jou en jou gesin graag.”

 

Vir meer inligting kontak enige van die Vleissentraal bemarkers:

Hendrik van der Walt: 083 628 930

HP van der Walt: 081 011 2049

Bly op hoogte van die Vlakte-groep se komende veilings en gebeure deur die jaar deur hulle sosialemediaplatforms te volg of besoek hulle webwerf of Facebookblad.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0