Categories: Artikels, StrooptoerustingPublished On: 27th March 2025

Vir ‘n ferm en egalige saadbed, kry LEMKEN se Rubin 12 en Karat 9

By 3 min read
591 words

DSC_0534

Die Karat 9 bewerk die grond na die Rubin 12 deur is vir ՚n fyner en fermer saadbed.

Alles begin by jou saadbed. Dit bepaal tot ՚n groot mate die opkoms van jou gewasse en die uiteindelike sukses van jou oes. Daarom gebruik Skippies Joubert van Gideon Joubert Boerdery buite Luckhoff vir die afgelope paar jaar LEMKEN se Rubin 12/500KUA en Karat 9/600KUA om sy grond te bewerk.

“My grond was nog nooit so reg voor planttyd nie en dit was nog nooit so maklik om te stroop nie. Die stand is ook mooier, amper te mooi,” sê hy.

Skippies Joubert van Luckhoff en Thinus Oosthuizen by die langlewende LEMKEN-implemente.

“Ek het die Rubin 12 tweedehands gekoop by ՚n boer in my omgewing nadat ek op ՚n demonstrasiedag van LEMKEN gesien het hoe goed die masjien werk en hoe gehard hy is. Daarna het ek ook ՚n nuwe Karat 9 aangeskaf,” sê hy.

Skippies boer met mielies en koring. Hy verduidelik hoe LEMKEN by sy boerdery inpas: “Ek gebruik eers die Rubin 12 om mieliereste na strooptyd te sny en daarna (nie dieselfde dag nie, want die land moet bietjie staan) gebruik ek die Karat 9 om die finale saadbed en vermenging te kry na die dieper bewerking.”

Voorheen het hy sy lande na strooptyd gebrand en hy glo nou dat materiaal terug in die grond gesit moet word. Die bewerking het vir seker ՚n verbetering in sy opbrengs gebring.

LEMKEN se Rubin 12 sny die oesreste na strooptyd in.

Volgens Skippies kan ՚n boer net wen met altwee implemente van LEMKEN, want saam werk hulle beter. “Die implemente kan 30 hektaar op ՚n goeie dag goed bewerk,” sê hy.

Volgens Thinus Oosthuizen speel die rollers aan ՚n LEMKEN ՚n baie belangrike rol met saadbedvoorbereiding, dieptebeheer en herkonsolidasie van jou grond, wat dan vogbewaring bevorder.

”Die Karat werk verskillende dieptes met verskillende skare en sy roller maak ՚n ferm saadbed.”

Voor die Rubin 12 en Karat 9 deur die land is lyk dit so.

Skippies gebruik drie verskillende skare: ՚n Breë skaar van 120 mm vir ՚n vlakker bewerking, ՚n smaller skaar van 80 mm wat dieper kan werk werk, en dan die smalste skaar van 60 mm wat doeltreffend 400 mm diep werk. “Die smalste skaar het ՚n wolframpunt (tungsten tip) op. So ՚n punt is uiters hard, wat beteken hy hou lank en die boer hoef nie die skare dikwels te vervang nie,” sê Thinus.

Skippies is baie tevrede met LEMKEN se diens. “Hulle help my dadelik as ek ՚n probleem het. As ek byvoorbeeld wonder oor ՚n verstelling op een van die masjiene, bel ek hulle en hulle verduidelik oor die foon wat ek moet doen. Hulle ken hulle produk en vra ook altyd hoe hulle hulle implemente nog kan verbeter.”

Nadat die Rubin 12 en Karat 9 die land bewerk het, is die grond reg vir die volgende seisoen.

Hoekom ՚n boer ՚n Rubin 12 en Karat 9 moet aanskaf:

  • Die implemente vra minder diesel vir meer werk as ander vergelykbare toerusting, wat baie belangrik is met vandag se dieselpryse.
  • Die implemente verbeter die grond se struktuur deur herkonsolidasie en voggehalte met die materiaal wat teruggeplaas word.
  • Beter tydsbestuur omdat lande minder bewerking benodig.
  • Die implemente het min onderhoud nodig.
  • Alles aan die implemente, insluitend die tande en skottels, is robuust, met genoegsame wegbreekaksie vir beskerming.
  • Hulle vou maklik op vir vervoer en beweging op die plaas.
  • ՚n Belegging in blou beteken uiteindelik ՚n belegging in opbrengs!

Jy kan ook ՚n LEMKEN-oes kry. Kontak Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com, of Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@lemken.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0