VIDEO: Vier dames van Sol-Tech verander die ambagswêreld

Soltech TN
Veertig jaar gelede het jy ՚n goeie dieselwerktuigkundige nodig gehad om jou trekker te versien of te herstel. Deesdae voel dit of jy ՚n graad nodig het net om die trekker te verstaan. Presisielandbou is die toekoms, en so ook die tegnologie wat daarmee gepaard gaan, maar wat ons geweet het van landbou werktuie en toerusting is lankal by die venster uit.
Daarom werk Sol-Tech hard om die volgende geslag ambagsmanne op te lei… of is dit nou ambagsvroue? Dit is reg, ՚n ambag is nie meer net vir die manswêreld beskore nie, en ՚n ambagsman is nie meer iemand wat in ‘n vuil werkswinkel werk nie. By Sol-Tech word studente opgelei om beide met hulle hande te kan werk en om die nuutste tegnologie te gebruik.
Hetsy jy ՚n elektrisiën, ՚n meulmaker of ՚n dieselwerktuigkundige wil word bied Sol-Tech van die hoogste gehalte opleiding aan studente om te verseker dat hulle nie net die kennis het nie, maar ook die nodige ondervinding opgedoen het wanneer hulle die ambagswêreld betree.
Kyk die video hieronder: