VIDEO: Nuutste opgraderings op New Holland se Genesis® T8-reeks

0045 T8 .350 Genesis
Die Genesis® T8-reeks het onlangs opgraderings gekry om aan meer doeleindes van die bedryf te voldoen. Daar is genoeg krag van enjins wat 195-297 kW lewer (±5% meer as die vorige reeks), volledig gesinchroniseerde Ultra Command™ kragskakeltransmissie of die Auto Command™ deurlopend veranderlike transmissie (CVT) om hierdie krag na die swaargewig-aste, robuuste driepuntskakels en trekstange oor te dra.
Dit alles dra by tot optimale werkverrigting tydens grondvoorbereidingswerk. Die 328 liter/min mega-vloei hidrouliese pomp met ses volledige hidrouliese koppelings verseker langdurige werking van enige implement of planter.
Kajuitsuspensie is nou standaard en dit kom met 2 x Intelliview™ 12-raakskerms om al jou implemente en toedienings te hanteer. ’n Geïntegreerde telematika-beheerstelsel is nou lewenslank beskikbaar en dit maak die sigbaarheid van jou vloot maklik. Saam met die FieldOps-databasisstelsel het jy volle beheer oor jou plaas en vloot. Die FieldOps-stelsel is gratis en jy kan al jou toerusting daarin inkorporeer.
Kyk die video vir meer.