Video: NuFarm bied doeltreffende onkruidbestuuroplossings en verstaan die behoeftes van die boer

NAMPO_Nu Farm_TN
Suid-Afrikaanse boere staar daagliks uitdagings in die gesig – van klimaatwisseling en siektebestuur tot die behoefte aan betroubare gewasbeskerming wat regtig werk.
In ’n bedryf waar elke besluit op die plaas ’n direkte uitwerking het op winsgewendheid, is dit noodsaaklik om saam met vennote te werk wat oplossings kan bied wat prakties, kostedoeltreffend en resultaatgedrewe is.