VIDEO: Kalkveld & De Bruin Bonsmaras hou puik produksieveiling!

De bruin TN
Die onlangse produksieveiling van Kalkveld & De Bruin Bonsmaras, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe (NKLH), was ’n uitmuntende sukses en getuig van die ongelooflike standaarde wat hierdie telers handhaaf.
Op aanbod was 40 uitsoek bulle en 120 kommersiële vroulike diere in alle produksiestadiums – en kopers het nie teleurgestel nie.
Die duurste bul van die dag, Lot 7, het vir ’n indrukwekkende R450 000 verkoop aan Schalk van der Merwe van Leeuheuwel Bonsmaras saam met Kobus Burger van B2 Bonsmaras.
Kyk die video vir meer: