Categories: Mechanisation videos, VideosPublished On: 12th July 2024

VIDEO: Jupidex se Kverneland Enduro Pro 5000T is net wat die boer soek

By 1 min read
129 words

VALBoeredag_Jupidex_04-07-2024-THUMBNAIL (1)

Nommerpas werktuie wat so reg in boere se smaak val is wat Jupidex by Val Boeredag gedemonstreer het.

Die Enduro Pro 5000T is ՚n sleepbare grondbewerker wat vyf meter breed werk met drie rye tande. Die 18 tande is ongeveer 285 mm uit mekaar gespa-sieer met dubbelrollers wat agterna kom, om ՚n konstante werkdiepte en die herkonsolidasie van jou grond te verseker.

Die werksdiepte word veilig en sonder moeite vanuit die kajuit verstel terwyl die werktuig steeds jou grond bewerk, wat natuurlik tyd bespaar en operateursgerief verseker.

As jy meer wil weet oor Kverneland se reeks werktuie vir alle toepassings, kontak Jupidex by (+27)33-386-3574, stuur ՚n e-pos na info@jupidex.co.za, of besoek hulle webwerf by http://www.jupidex.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0