VIDEO: Dit is ’n plesier met Pöttinger
Pottinger_Thumbnail
Valtrac bied ook Pöttinger-hoëspoeddiste wat in groottes van 12 meter beskikbaar is. Die diste kom ook met verskeie opsies op die rollers, soos die Packer-roller wat die grond liggies vasdruk om goeie saad-tot-grond-kontak te verseker, of die Econo-roller wat ’n ligter en meer ekonomiese weergawe is. Die Econo-roller werk met bladvere en keer dat die roller nie aanpak in klammerige grond nie.
Dan het Valtrac ook enkel- en dubbel- Cage-rollers beskikbaar wat agterrollers is en die grond ná bewerking verdig en kluite opbreek.
Kyk die video vir meer inligting: