VIDEO: Die nuwe Mahindra XUV 3XO vir net R254 999!
Die Mahindra XUV 3XO, nou beskikbaar by Mahindra Alberton, is die jongste toevoeging in die sportnutsvoertuig-reeks. Hierdie bekorende kar het ՚n wegspringprys van slegs R254 999!
Die XUV 3XO bied gevorderde tegnologie, met 360-grade kameras aan elke kant om jou bewus te hou van elke hoek. Die kantspieëls vou outomaties in wanneer jy die motor sluit, sodat jy jou nooit hoef te bekommer oor knap parkeerplekke nie. Die 43 cm (17 duim) diamant-afgewerkte allooiwiele gee die XUV 3XO ՚n gesofistikeerde voorkoms.
Die hoofligte is toegerus met LUD-projektorlampies en slanke dagryligte. Dit gee nie net ՚n deftige voorkoms aan die XUV 3XO nie, maar verbeter ook sigbaarheid vir alle padtoestande.
Kontak Mahindra Alberton op hulle webwerf by www.mahindraalberton.co.za.