VIDEO: Beefmasters wat die suurveld verstaan: Steinberg se produksieveiling wag

681078441_970728282379613_3621674122192660270_n-1024×379
Kopers en belangstellendes word uitgenooi na Steinberg Beefmasters se jaarlikse produksieveiling wat op Dinsdag 7 Julie 2026 om 11:00 op Mooiplaas, Hendrina, aangebied word.
Op aanbod is 35 bulle – 30 geregistreerde bulle, 5 kommersiële bulle asook 80 kommersiële koeie met kalwers. Die veiling bied ’n uitstekende geleentheid vir kommersiële boere wat betroubare geregistreerde bulle benodig, telers wat beproefde genetika wil inkorporeer en veeboere wat diere soek wat onder geharde suurveldtoestande kan presteer.