Verspreider van die maand!

verspreider van die maand junie
Junie-pryswenner glo landbou moet van kindsbeen af bevorder word
ProAgri gee elke maand ‘n R500-koopbewys aan ‘n verteenwoordiger van ‘n koöperasiehandelstak wat besonderse moeite doen om die tydskrif te bevorder. Hierdie maand wens ProAgri vir Martin Du Toit Ludik, takbestuurder by Overberg Agri Protem geluk met sy koopbewys by Bredasdorp Spar en bedank hom vir die besondere manier waarop hy ProAgri in die gemeenskap bevorder.
Martin werk nou al amper ses jaar by Protem, wat die streek tussen Klipdale, Bredasdorp en Swellendam bedien. Die gewildste gewasse wat in die streek verbou word is koring, kanola, gars en hawer en die gewildste skape is Merino’s.
Martin neem graag ‘n ProAgri saam as hy by boere gaan besoek aflê en in sy handelstak word daar elke maand tydskrifte in sy getroue kliënte se hande gestop. Hy neem ook elke maand ‘n paar tydskrifte na die NG Kerk Protem se laerskool sodat die kinders dit in hulle klasprojekte kan gebruik en om hulle van jongs af aan die opwindende wêreld van landbou bloot te stel.
Neem só deel:
Neem ’n foto of laat jou kollega ’n foto neem van jou of julle tak se poging om te sorg dat ProAgri by elke boer uitkom en stuur dit na 079-515-8708 of versprei@proagri.co.za. Angeline sal verder met jou gesels. Sy gaan ook elke maand skakel om seker te maak dat julle wel julle tydskrifte ontvang het.
Op die foto gee Martin du Toit Ludik sy laaste ProAgri van Meimaand aan oom Herman Odendaal by die koffietafel in die Protem-tak waar boere graag ’n koppie koffie drink of net bietjie sit en gesels. Oom Herman se seun, Thys Odendaal, boer deesdae, maar hy help nog gereeld uit met take op die plaas, Morgenskop.