Verse vir dae, verse na smaak, verse vir elke boer en sy maat!

prestige-oop-verse-pre-bidding-18-september-21-september-2023-ladybrand-127577-196053
BKB in samewerking met Tesame Dienste en Lewendehawe, asook die Prestige Beesgroep, bied vanjaar ‘n versveiling vanuit die boonste gestoeltes, aan. Met ’n aanbod van +/- 1200 verse, kan elkeen kies en keur na hartelus.
Die vers is die fondasie van enige suksesvolle beeskudde. Die keuring en ontwikkeling van die vers beinvloed grootliks, nie net die inkomste nie, maar vooruitgang van die kudde se genetika, volhoubaarheid en algehele toekoms.
Ladybrand se Prestige veiling is die aangewese geleentheid om daardie spoggerige aanvulling tot jou kudde ’n realiteit te maak. Diversiteit in die kudde is die sleutel na ‘n vooruitstrewende beesboerdery.
Hierdie veiling is gepas vir enige beesboer se sukses. Kommersiële boere, sowel as stoet boere sal genot put uit die alleras aanbieding, wat saam gestel is uit slegs die beste genetiese verslyne, wat verseker dat dit ’n hoër opbrengs op belegging as resultaat hê.
Wie ookal gesê het geld kan nie geluk koop nie, het nog nooit ’n mooi vers op ’n veiling gekoop nie.
Dagboek die Prestige oop Verseveiling “pre-bidding” wat plaasvind op SwiftVee se aanlyn platform vanaf 10:00 op Maandag, 18 September, 2023, tot 12:00 op Donderdag, 21 September. Op 21 September om 12:15, sal die regstreekse veiling by die Marseille-landbousaal, Ladybrand, begin.
Kliek hier om die veiling op Agri4all te sien
Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia
Op aanbod:
- ± 680 Bonsmaras
- ± 180 Bovelders
- ± 80 Brangus
- ± 80 Beefmasters
- ± 80 Simbras
- ± 50 Sussex Kruis
- ± 50 Rooi Kruisras
Navrae:
Francois van Rooyen by +27 71 872 1894
Jonty van Rooyen by +27 82 397 3013
Sarel Cilliers by +27 82 447 7450
Jan Mostert (Afslaer) by +27 83 306 8408
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com