Categories: Vee en Wild, VeilingsPublished On: 29th July 2025

Veilingsverslag: ANKO Bonsmaras se 27ste produksieveiling bevestig gehalte en kopersvertroue

By 1 min read
217 words

WhatsApp Image 2025-07-29 at 06.03.15 (1)

Die 27ste produksieveiling van ANKO Bonsmaras, die bekende stoet van André en Ryna Höll, het op Woensdag 23 Julie 2025 plaasgevind by die Piet Theron Stoetkompleks buite Vryburg. Die veiling het weereens bewys waarom ANKO as ’n gevestigde naam in topgenetika beskou word, met uitsonderlike diere wat kopers van regoor die land gelok het.

LOT 5 KAN22-016, ’n indrukwekkende bul met besonderse teelwaardes, het die kollig gesteel en is vir die dag se hoogste prys van R75 000 verkoop aan Ernst Grobbelaar van Cat Valley Properties, Sinoville. Hierdie verkoop beklemtoon die waarde wat kopers heg aan die harde seleksiewerk, genetiese meriete en prestasiegetoetste diere waarvoor ANKO bekend is.

Opsomming van verkope:

  • 21 Bulle: Hoogste prys – R75 000 | Gemiddeld – R56 904,76
  • 3 Dragtige stoetverse: Hoogste prys – R28 000 | Gemiddeld – R28 000
  • 126 Koeie met kalwers: Hoogste prys – R25 250 | Gemiddeld – R21 625,00
  • 2 Dragtige koeie: Hoogste prys – R17 000 | Gemiddeld – R17 000
  • 9 Dragtige verse: Hoogste prys – R19 000 | Gemiddeld – R19 000
  • 32 Oop verse: Hoogste prys – R12 000 | Gemiddeld – R8 421,88

Die dag se sukses getuig van die mark se volgehoue vertroue in ANKO se teelrigting – diere wat funksioneel, vrugbaar en aanpasbaar is onder veldtoestande. ANKO se langtermynfokus op prestasie en praktiese boerderybehoeftes het verseker dat kopers waarde kry, nie net in voorkoms nie, maar ook in genetiese potensiaal.

Baie geluk aan André en Ryna Höll met ‘n suksesvolle veiling, geluk ook aan elke koper.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0