Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 20th June 2025

Veiligheid bo alles: CKM Group hou jou onderneming brandgereed

By 5 min read
888 words

IMG_4160

In ‘n land waar veldbrande en nywerheidsbrande elke jaar miljoene rande se skade aanrig – nie net aan bates nie, maar aan hele gemeenskappe – is daar een naam waarop boere, pakhuisbestuurders, plaasverwerkers en nywerhede kan staatmaak: CKM Group.

Met toewyding aan veiligheid en ’n ingenieursbenadering wat geen ruimte vir toeval laat nie, staan CKM Group aan die voorpunt van geïntegreerde brandbeskermingsoplossings. Hulle stel nie net brandwaterstelsels in werking nie, maar verseker dat elke aspek – van strukturele integriteit tot wetlike voldoening – reg en veilig gedoen word.

Van behoeftebepaling tot finale installasie

Wat CKM Group uniek maak, is hulle betrokkenheid vanaf die heel eerste stadium van die projek. Elke klant begin met ’n deeglike behoeftebepaling, waar Coert van Heerden, eienaar van CKM Group, en sy span nie net vra wat nodig is nie, maar ondersoek wat moontlik oor die hoof gesien word.

“Ons kyk na die terrein, die bestaande struktuur, die grootte van die risiko, en selfs die klant se toekomstige beplanning – of dit nou uitbreiding, sonpanele of sekere sertifisering behels,” verduidelik Coert.

Hierdie benadering beteken dat die oplossing wat jy van CKM Group kry nie net vir jou huidige probleem voorsiening maak nie, maar jou ook brandveilig hou vir die toekoms.

Brandveiligheid begin met ’n sterk fondament

In baie gevalle is dit die dak van ’n pakhuis of fabriek waar die uitdaging lê. CKM Group verstaan die dinamika van strukturele druk en massa: watertenks, pype en pompe voeg gewig by wat die oorspronklike gebou dalk nie voorsien het nie.

Daarom word elke CKM-brandstelsel slegs op strukture geïnstalleer wat aan ingenieurstandaarde voldoen. As dit nie die geval is nie, word die struktuur eers versterk, nie net vir die brandstelsel nie, maar ook vir moontlike toekomstige installasies soos sonpanele.

“So bespaar die klant oor die langtermyn, want die struktuur hoef nie weer aangepas te word as hy later besluit om sonpanele by te voeg nie,” sê Coert.

Volgens regulasie, en verder

CKM Group se stelsels voldoen nie net aan die basiese vereistes van plaaslike regulasies nie, hulle oortref dit dikwels. Dit sluit in voldoening onder andere aan die bouregulasies asook die reels van die ASIB (Automatic Sprinkler Inspection Bureau) en toepaslike munisipale vereisted vir brandveilingheid en strukturele gehalte.

Klante ontvang ook die nodige dokumentasie om hulleself, hulle versekeringsverskaffers en inspekteurs gemoedsrus te gee dat elke aspek van hulle stelsel wettig en professioneel geïnstalleer is.

Brandwater is ’n kritieke bron

CKM Group se brandwaterstelsels is ontwerp om spoedig te reageer wanneer ’n brand uitbreek. Hulle gebruik betroubare pompe, korrekte pypdeursnitte en gepaste drukvlakke om te verseker dat daar ‘n voldoende volume water teen die regte spoed beskikbaar is – wanneer elke sekonde tel.

Of dit nou ’n plaaslike sprinklaarstelsel is vir ’n kleiner pakhuis of ’n volledige brandwaternetwerk vir ’n fabrieksterrein, CKM Group ontwerp elke stelsel volgens die unieke omstandighede en risiko’s van elke klant.

Gemoedsrus in gevaarlike tye

In Suid-Afrika is brandrisiko nie ’n veronderstelling nie, dit is ’n feit. Droë veld, hoë temperature en sterk wind veroorsaak dat vlamme binne minute hektare kan verslind.

Vir die landbou beteken dit nie net skade aan infrastruktuur nie, maar ook aan oeste, toerusting en lewende hawe. In die verwerkingsbedryf kan ’n enkele brand ure se produksie vernietig – of ’n hele onderneming lamlê.

CKM Group se stelsels gee klante gemoedsrus. Jy weet jou fasiliteit is gereed. Jy weet jou mense is beskerm, en jy weet jou versekeringsrisiko is minimaal.

Veiligheid is nie ’n opsie nie – dit is ’n verantwoordelikheid

Al hoe meer instansies begin vereis dat ondernemings hulle eie brandveiligheidsplanne gereed moet hê. Dit geld vir plase met hoërisikobergplekke, nywerhede wat met vlambare stowwe werk, en selfs voedselverwerkers wie se verpakking of olie-inhoud ‘n brandrisiko kan inhou.

CKM Group help hierdie ondernemings om nie net aan vereistes te voldoen nie, maar om proaktief op te tree. Dit sluit in:

  • Die installering van brandwater tenks, brandstelselpompe, en sprinklaarstelsels;
  • Die installering van gasonderdrukkingstelsels en branddeteksiestelsels;
  • Die ontwerp van strukture wat pypwerk en watergewig kan dra;
  • Sertifisering van brandinstallasies;
  • Tegniese ondersteuning ná installasie;
  • Onderhoudskontrakte waar nodig.

Langtermyn-vennootskappe, nie net projekte nie

Wat klante van CKM Group waardeer, is dat hulle nie net stelsels ontwerp en installeer nie, hulle bou verhoudings. Dit is nie ongewoon dat klante na vyf jaar terugkeer vir verdere uitbreiding nie, of dat CKM se span op kort kennisgewing opruk om ‘n probleem op te los nie. Dié verbintenis tot diens en betroubaarheid beteken dat CKM ’n gevestigde naam in die sektor is, en een waarop jy kan vertrou.

Brandveiligheid is besigheidsveiligheid

Vir Coert en sy span is dit eenvoudig: ’n goedbeplande brandstelsel red lewens, werkgeleenthede en beleggings. “Elke dag wat ’n onderneming sonder brandbeskerming funksioneer, is ’n dag waarop hulle alles op die spel sit. Ons help hulle om daardie risiko te verwyder en met sekerheid vorentoe te beweeg,” sê hy.

Kies veiligheid en gemoedsrus – kies CKM.

In ’n tyd waarin risikobestuur noodsaaklik is vir volhoubare boerdery en nywerheidsgroei, is CKM die vennoot wat jy aan jou kant wil hê. Met ingenieurskundigheid, praktiese ervaring, en ’n onwrikbare toewyding aan veiligheid, is CKM gereed om jou onderneming se brandgereedheid te verseker.

Kontak CKM vandag nog vir ’n behoeftebepaling en begin jou pad na ’n veiliger en meer veerkragtige onderneming. Vir meer inligting kontak (+27)81-377-8212, stuur ‘n e-pos aan sales@ckmgroup.co.za of besoek die webwerf: www.ckmgroup.co.za.

 

6

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

6