Categories: Stock and game farmingPublished On: 6th September 2016

Van Pletzen Beefmasters teel vir vleis van die veld af

By 3 min read
481 words

van pletzen beefmasters

Die suksesstorie van Van Pletzen Beefmasters het in 1996 begin met die aankoop van hulle eerste Beefmasterstoetbul. Die besluit was maklik omdat hulle besef het dat die Beefmaster-ras ’n baie ekonomiese ras is om mee te boer. Van Pletzen Beefmasters teel al die afgelope twintig jaar vir ekonomiese eienskappe wat daarop gerig is om veld na vleis om te sit.

Van Pletzen Beefmasters het diere aangekoop van Bos Blanco, Hart Beefmasters Elmic Beefmasters en 4×4 Beefmasters; hierdie stoeterye het oor die jare die meeste invloed op hulle teling gehad.

Van Pletzen Beefmasters bied aan: 20 Beefmasterbulle

  • Alle bulle is 3 jaar en ouer
  • Die bulle het ’n geld-terug-waarborg indien daar ’n probleem is
  • Vervoer tot op die koper se plaas-  Klipharde veldbulle wat oral sal aanpas
  • Goeie waarde vir geld (vloerprys R18 000)

30 Merinoramme (vloerprys R2 800)

’n Stil veiling sodat elke koper genoeg tyd het om die regte besluit te neem

Van Pletzen Beefmasters selekteer volgens die volgende belangrike eienskappe:

Massa

Dit is vir VPBM-stoet baie belangrik dat die bulle vinnig groei tot op ’n sekere stadium en hulle selekteer vir bulle wat vroeg ryp en uitgegroei is. Die beste tweejaaroud bulle word teruggehou en in die kudde gebruik. Eers op drie jaar word hulle op die veiling aangebied. ’n Dier met ’n swaarder massa en massatoename onder dieselfde toestande, is die dier wat meer wins verseker.

Vrugbaarheid

Uit ’n ekonomiese oogpunt is vrugbaarheid die belangrikste eienskap vir die VPBM-stoet. Daar is nie ’n tweede kans vir ’n koei of vers nie. VPBM streef daarna om kalwers met ’n lae geboortemassa te produseer, wat verseker dat die baarmoeder-involusieperiode verkort word en dat die koei dus vinniger op hitte kom. Daarmee word ’n korter tussenkalfperiode (TKP) verseker.

Temperament

Beeste met ’n goeie temperament teel gewoonlik gouer en makliker en dit is goedkoper om hulle te hanteer. Diere met goeie temperament het ook ’n beter gewigstoename in die veld en in voerkraaltoestande.

Melkproduksie

Die Beefmasterras is bekend vir goeie melkproduksie; die koei moet ’n minimum van 40% of meer van haar eie liggaamsmassa speen, ongeag die voedingsomstandighede waaronder hulle funksioneer.

Gehardheid

Die beeste moet gesond en produktief kan bly ten spyte van verskeie klimaat- en boerdery-omstandighede.

Bouvorm

Bulle is manlik en gespierd en vertoon tekens en gedrag van vrugbaarheid. Koeie is vroulik en vertoon wigvormig, wat meehelp dat hulle klein kalwers by geboorte produseer. Mediumraamtipe beeste is deur die jaar op kondisie die beste presteerders, en kondisie is die gevolg van funksionaliteit.

Vir meer inligting en aanwysings na die plaas, kontak vir Niël by 072-569-3539 of Ras by 082-301-9061.

Niël en Ras Van Pletzen bedank graag Pa Jan en Ma Phina vir hulle ondersteuning, alles wat hulle ons oor die jare geleer het en die vertroue wat hulle in ons het. Van Pletzen Beefmaster staan vir “Vrugbaarheid en tipe!! Die res (melk, gehardheid, bouvorm, temperament en gewig) kom vanself”.

Duurste 2013

Duurste 2013

Duurste 2014

Duurste 2014

13-9

13-9

13-37

13-37

Duurste 2015

Duurste 2015

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0