Van ‘n peperkorrel tot die maal van poeier: Só kan ‘n Hamermeul jou lewe vergemaklik

IMG_7050
Heel rissies word in die Drotsky Hamermeul gegooi.
Die Engelse sê “Spice is life” – en in Suid-Afrika is die speserybedryf ’n groeiende nis-mark. Of jy nou jou eie gesondheidsdrankies maak of jouself as fynproewer beskou, speserye gee kleur aan jou lewe en geur aan jou kos.
Vir die landboubedryf skep speserye nuwe geleenthede. Gewasse soos roosmaryn, tiemie, koljander en brandrissies word uitgevoer na Europa, die VSA en die Midde-Ooste. Selfs hoëwaarde speserye soos saffraan kry al hoe meer aandag van plaaslike boere.
Volgens Statistics South Africa het die uitvoerwaarde van gedroogde kruie en speserye in 2023 sowat R250 miljoen beloop, met ’n jaarlikse groei van 6 tot 8%. Streke soos die Wes-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal is aktief in speseryverbouing.
Klein en medium ondernemings fokus op die plaaslike mark, en die regte toerusting maak ’n verskil. Drotsky se hammermeules is ideaal vir speseryverwerking – robuust, doeltreffend en maklik om te gebruik.
Speserye in Suid-Afrika
Die mees algemeen verboude speserye sluit koljander, borrie, gemmer, brandrissie en roosmaryn in.

Drotsky se hammermeule kan die rissies so fyn maal soos wat jy dit benodig.
Hier is van die gewildste:
- Koljander (Coriandrum sativum) – ’n veelsydige spesery wat vir sy sade en blare verbou word. Dit groei goed in die Wes-Kaap en Vrystaat.
- Borrie (Curcuma longa) – bekend vir sy helder geel kleur en gesondheidsvoordele. Dit floreer in warmer streke soos KwaZulu-Natal.
- Gemmer (Zingiber officinale) – gewild vir kosmaak en tradisionele medisyne. Dit groei goed in subtropiese klimate.
- Brandrissie (Capsicum spp.) – verskeie soorte, insluitend peri-peri, word verbou vir plaaslike en uitvoermarkte.
- Roosmaryn (Rosmarinus officinalis) – ’n geharde kruie-spesery wat goed aard in droë, sonnige streke. Die word gebruik in kos en kosmetiese produkte.
- Saffraan (Crocus sativus) – die duurste spesery ter wêreld. Volgens NWK Arena kan dit tot R200 000 per kilogram haal, met ’n opbrengs van 6 tot 10 kg per hektaar. Dit groei goed in die Laeveld en dele van die Wes-Kaap.
- Naeltjies, kaneel en komyn – al word dit nie op groot skaal verbou nie, sien mens dit al hoe meer in tuinprojekte en mikroboerderye, veral vir organiese en nis-markte.
Waarom Drotsky?
Drotsky se S- en T-reeks hammermeules is ontwerp om verskeie speserye te maal. Van harde korrels soos peper en naeltjies tot sagte blare soos roosmaryn. Die verstelbare siwwe en hamers help om ’n eenvormige fynheid te bereik, wat noodsaaklik is vir geurvrystelling en produkstandaarde.
Selfs die fynste masala kan nóg fyner gemaal word, soos bewys met die S8-model. Die meule se lugvloei verminder hitte en behou geur, terwyl sifstelsels en stofbeheer voedselveiligheid verseker.

Nadat die rissies deur die Drotsky hammermeul verwerk is is dit ‘n fyn rissiepoeier.
Voordele van ’n hamermeul in jou speseryproduksie:
- Verwerk groot volumes vinnig, perfek vir kommersiële produksie.
- Verstelbare siwwe en hamers help om ’n eenvormige fynheid te bereik.
- Fyn gemaalde speserye het ’n groter oppervlak, wat olies en geur beter vrystel.
- ‘n Hamermeul hanteer verskeie speserye, van harde korrels tot sagte blare.
- Robuus en eenvoudig, geskik vir landelike én industriële gebruik.
- Meer bekostigbaar en makliker om te bedryf as ander maaltegnologieë.
- Kan geïntegreer word met sifstelsels, lugvloei en stofbeheer vir voedselveiligheid.
- Verskillende sifgroottes bepaal deeltjiegrootte wat belangrik is vir kapsules, souse en mengsels.
- Sommige meule gebruik lugvloei om hitte te verminder en geur te behou.

Stap-vir-stap: Speserye maal met Drotsky
- Plaas die hammermeul op ’n stabiele oppervlak en dra jou persoonlike beskerming.
- Bepaal watter speserye jy wil maal en kies die regte siwwe.
- Koppel die siwwe veilig aan die meul.
- Maak seker die meul is aan ’n werkende elektriese bron gekoppel. Toets en skakel af.
- Plaas ’n sak of houer onder die meul om die gemaalde produk op te vang.
- Gooi die rou speserye in die voerder.
- Skakel die meul aan en laat die produk deurvoer. Skakel af wanneer klaar.
- Versamel die gemaalde speserye.
- Blaas oorblywende deeltjies uit deur die meul kort aan te skakel.
- Ontkoppel die siwwe, maak die meul skoon en berg veilig.
Drotsky-modelle beskikbaar:
- S-reeks: S1, S4, S6, S8 – ideaal vir verskillende volumes en speserytipes.
- T-reeks: T1 en T2 – perfek vir graan, suiker, kruie en speserye wat groottevermindering vereis.
’n Hamermeul is dus nie net ’n maalmasjien nie, dit help met die geur van jou speserye, dit versnel produksie en help met gehaltebeheer. As jy met speserye werk, is dit ’n stuk toerusting wat jou regtig kan help om jou produk na die volgende vlak te neem.
Om jou eie Drotsky Hamermeule aan te skaf of net te sien wat Drotsky joukan bied, besoek hule webtuiste by www.drotsky.co.za