Categories: NuusPublished On: 22nd May 2018

Uitbrake van slenkdalkoors in die Vrystaat

By 1 min read

RVF outbreak 16May2018

Die NWKV het kennis geneem van die uitbraak van Slenkdalkoors in die Vrystaat en veral in Jacobsdal en is bekommerd oor die impak wat dit op die kleinveebedryf en veral woluitvoere mag hê.

Dr. Claudia Cordel, ‘n veearts van Execuvet wat Slenkdalnavorsing doen as deel van ‘n span internasionale kundiges, maan boere in die omgewing van die uitbraak om dringend hulle diere met dooie entstof te ent om kudde teen die uitbraak te beskerm.

Boere word versoek om met hulle plaaslike veeartse te skakel vir professionele raad om hulle kuddes teen die siekte te beskerm.

Slenkdalkoors word deur ‘n virus wat deur muskiete gedra word veroorsaak. Dit raak beeste, skape en bokke en veroorsaak aborsies en sterftes in veral jonger diere. Mense kan deur hierdie virus geraak word indien hulle in kontak kom met bloed van die dier wat besmet is.  Die siekte kom veral voor wanneer dit baie gereёn het.

Bron: NWKV en die Departement van Landbou

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0