Tussen die betroubare John Deere-groen is daar ook staatmaker-geel

Overall
Boere is opgewonde oor die goeie nuus dat daar nou ook ՚n John Deere-oplossing is vir grondverskuiwing- en konstruksiewerk op die plaas.
Vanjaar kan boere by NAMPO verwag om ՚n bietjie geel onder die groen te sien: John Deere se geel konstruksiewerktuie sal van naderby bewonder kan word.
John Deere se geel konstruksie masjiene sluit alles in wat die boer vir grondverskuiwing en konstruksiewerk op die plaas kan benodig: Graafmasjiene, padskrapers, trugrawer-laaigrawe, wiellaaiers en stootskrapers, noem maar op …
Die beste nuus is dat dieselfde landboutegnici hierdie geel werktuie kan ondersteun as die groenes! John Deere verseker dat tegnici ten volle opgelei word om die konstruksiewerktuie te onderhou en te herstel. Daar is spesiale masjienspesifieke ondersteuningsfunksies binne die handelaarsnetwerk.
“Met hierdie produkreeks is ons nou ՚n een-stop-winkel vir alle werktuie,” sê Griffiths Makgate, konstruksie- en bosbouverkoopsbestuurder van die Afrika- en Midde-Ooste-tak. “Dit is ook belangrik om daarop te let dat dieselfde boere wat ons vermoëns gesien het voordat ons ons geel masjiene ingebring het, dieselfde vlak van diens as op hulle landboumasjinerie sal ontvang.”
Trouens, ՚n boer kan daarop reken dat dieselfde mense wat daar was vir hom sedert hy die eerste keer ՚n John Deere-masjien gekoop het, steeds sorgsaam na sy belange sal omsien. Nou hoef ՚n boer nie met verskillende maatskappye sake doen oor landboutoerusting aan die een kant en konstruksietoerusting aan die ander kant nie — sy vertroude John Deere-handelaar is daar vir altwee.
“Na my mening is dit altyd die beste om ՚n werktuig te koop as jy dit kan bekostig, met die wete dat jy dit kan gebruik wanneer en soos jy wil, maak nie saak hoe intensief of min jy dit gebruik nie,”
sê Griffiths.

Een van die voordele wat boere geniet, is dat hulle hulle gebruikte konstruksiemasjiene teen hoër pryse kan herverkoop omdat daar ՚n groter aanvraag is na hulle masjiene — boere pas hulle werktuie mooier op as konstruksiespanne. Met die hoër herverkoop-waarde kan boere maklik in meer moderne masjiene met meer funksies en groter gerief belê.
Sommige van John Deere se konstruksiewerktuie laat jou toe om die werkmodus/werkinstelling te kies. Dit help boere om meer produktief te wees en minder brandstof te verbruik.
Nog goeie nuus vir boere is dat daar vir hulle ՚n finansieringsopsie is. Die doel van John Deere Financial is om boere en maatskappye te help om geld te bespaar deur gebruik te maak van pasgemaakte batefinansiering. Omdat hulle wil seker maak dat hul klante die beste diens en oplossing moontlik kry, het John Deere Financial sy sakemodel op die vier pilare van gerief, toewyding, mededingendheid en insig gebou.
Dit is nie net die rentekoerse wat dit van ՚n gewone bank onderskei nie; dit is ook die feit dat die boer ‘n meer buigbare finansierings plan kan geniet. Wanneer ՚n groter deposito op die toerusting gemaak word, sal die boer baat by ՚n laer rentekoers.
John Deere wil die boer wys dat hy dieselfde vlak van diens, ondersteuning en kundigheid kan kry ongeag of sy toerusting groen of geel is. Hulle is gereed om saam met boere te groei.
JDLink™ is ՚n unieke kenmerk van John Deere-werktuie wat klante ՚n verbinding tussen hulle slimtoestelle en die werktuig bied. Boere sal sonder enige bykomende koste enige masjien in hulle vloot wat met die diens versoenbaar is vir JDLink™ kan aktiveer.
Daarmee kan ՚n boer sy werktuie vanaf sy John Deere-operateurstelselrekening op die web- of mobiele toepassing bestuur.
Vir enige bykomende inligting, stuur ՚n e-pos aan africa@johndeere.com, of kontak hulle by +27(0)-21-127-3759 of +27(0)-21-127-3760.