Categories: Artikels, Hulpbronbestuur, NuusPublished On: 8th December 2022

Trekkerverkope styg met 17%

By 1 min read
153 words

DSC_0335-758×505

Na rekordtrekkerverkope in Oktober, is trekkerverkope van 704 eenhede in November ongeveer 5% minder as die 742 eenhede wat verlede November verkoop is.  

Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou ongeveer 17% meer as verkope verlede jaar.  Drie-en-twintig stropers is in November verkoop. Dit is 15 eenhede meer as die agt eenhede wat verlede November verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 38% meer as verkope verlede jaar.

Die daling in trekkerverkope vir November dui nie noodwendig op ’n laer vraag na trekkers nie, maar kan dalk toegeskryf word aan die beperkte beskikbaarheid van voorraad in sekere gevalle.  Die meeste maatskappye het onderbroke voorraadvlakke aangemeld gedurende die jaar.   Die fundamentele aspekte in die mark, ten opsigte van somer- en wintergewasse, lyk bemoedigend en kommoditeitspryse bly bestendig.   Dit voorspel positiewe vooruitsigte oor die korttermyn.

Volgens verwagtinge sal trekkerverkope vir die 2022-kalenderjaar meer wees as 9 000 eenhede, met stroperverkope van meer as 350 eenhede.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0