Trekkerverkope in Julie 2017 is meer as ‘n jaar gelede

tractor_clip_art_18056
Trekkerverkope van 502 eenhede in Julie is aansienlik (11%) meer as die 451 eenhede wat verlede Julie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope 4% hoër as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Stroperverkope van 13 eenhede in Julie is een eenheid minder as die 14 eenhede wat verlede Julie verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is nou 9% meer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.
Algehele sentiment in die mark bly positief, want baie boere het reeds geoes en weet min of meer hoe goed die opbrengs was. Die goeie trekkerverkope vir Julie weerspieël ᾿n geleentheid wat kopers benut om toerusting wat nog beskikbaar is teen laer pryse, wat ingevoer is toe die rand sterker was, aan te koop. Die onlangse verswakking van die rand vergeleke met die belangrikste geldeenhede gaan weer druk plaas op pryse vir toerusting. Ongelukkig sal die huidige swak waarde van die rand waarskynlik nie plaaslike kommoditeitspryse verhoog nie, omdat dit op die oomblik beïnvloed word deur uitvoerpariteit. Met die komende somergewasseisoen gaan boere omsigtig moet kyk na insetkoste en besluite oor die aanplant van gewasse baseer op daardie ramings.
Volgens verwagtinge vir 2017 sal algehele trekkerverkope steeds tussen 5 700 en 6 000 eenhede wees, of minstens so goed wees as wat dit in 2016 was.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie