Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 6th February 2024

Topramme- en ooie van Johanri Dormers haal hoë pryse

By 1 min read
194 words

c37419c9-c347-4bd0-b65f-26d9faa1f589

Ram, Lot 1 JB220206 verkoop vir R130 000 aan Johnny Forbes van Vredesig Dormers.

Op Saterdag 3 Februarie 2024, het Johanri Dormers hulle jaarlikse produksieveiling te Kroon Boma Kroonstad gehou.

Die diere was soos altyd van uitstaande gehalte en uit besonderse bloedlyne geteel. Soos Johanri Dormers se diere praat werklik vir hulself.

Die uitslae van die veiling was soos volg:

Stoetramme verkoop vir ‘n gemiddeld van R 31 676 met die hoogste prys van R 130 000, vir Lot 1 JB 22-206 gekoop deur Johen Trust, Mnr. Johnny Forbes van Vredesig Dormers.

Kudde ramme verkoop vir ‘n gemiddeld van R11 750 met 100% verkope op alle ramme.

Stoet ooie verkoop vir ‘n gemiddeld van R 12 611 met hoogste van R 32 500, vir Lot 33 JB 22-121 gekoop deur Johen Trust, Mnr Johnny Forbes van Vredesig Dormers.

Ooi, Lot 33 JB220121 verkoop vir R32 500 aan Johnny Forbes, van Vredesig Dormers.

Kommersiële ooie van Johanri Dormers verkoop vir ‘n gemiddeld van R 7 714, gasverkopers se gemiddeld op die kommersiële ooie was R 3 289. 89% van die ooie verkoop.

Die veiling was aangbied deur BKB, Jan Mostert was die afslaer. Die veiling was ook aanlyn aangebied deur SwiftVee.

Baie geluk aan Johan Barnard met ‘n puik veiling. Geluk ook aan die gasverkopers sowel as elke koper.

Ooi, Lot 30 JB220168 verkoop R30 000 aan Carlos da Silva.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0