Timbery raak die naam in die saagmeulbedryf
Timbery Afrika vorm deel van die bekende multinasionale groep Wood-Mizer wat spesialiseer in die vervaardiging en verspreiding van saagmeulens wat van dunkerf bandsaag- tegnologie gebruik maak.
Die minimale dikte en wydte van dunkerf bandsae saam met die uitsonderlike gehalte van Wood-Mizer- en Timbery-saagmeuelens bied ’n reeks hoogs mededingende voordele vir saagmeulenaars, hetsy dit intreevlak ondernemings is óf bestaande saagmeulens wat uitsette wil verhoog óf die boer wat ontbossing in ’n sinvolle onderneming wil omskep.
Die dryfveer vir Timbery saagmeulens se ontwikkeling is drieledig: Die mark soek na ’n bekostigbare dunkerf saagmeul wat bewese saagkapasiteit bied teen ’n sakpasprys. Uitstekende bougehalte van die meule self is ook hoog op die ranglys en so-ook die vermoë om dunkerf lemme doeltreffend te onderhou deur die loop van hulle bruikbare diensleeftyd.
Ten einde in dié aanvraag te voorsien het Wood-Mizer in 2013 die produksiegeriewe van ’n Kanadese saagmeulvervaardiger bekom. Na dié fabriek se verskuiwing na Wood-Mizer se aanleg in Indianapolis, hevervaardiging van Timbery-saagmeulens in alle erns begin.
Net soos al Wood-Mizer se produkte spog die Timbery-saagmeulens met die jongste saagmeultegnologie en elke meule is ’n gehalte produk wat gebou word om te werk en te hou.
In 2013 is Timbery ook amptelik in Afrika geloods met die maatskappy se hoofkantoor in Suid-Afrika. ’n Netwerk van handelaars wat reeds oral in Afrika ontstaan het, is ’n verdure bewys van die handelsmerk se vinnige groei op die kontinent.
Timbery se reeks bestaan tans uit drie modelle. Die swaargewig en mobiele Timbery M285 kan skuif na waar dit ook al benodig word. Die M280 is die statiese weergawe van die M285 en is ideal vir die saagmeulenaar wat op een plek gaan sny.
Die uiters mededingend geprysde M100 bied bied saagmeulvermoë wat elke sak sal pas. Die saagmeulenaar, vervaardiger, houtliefhebber of boer wat hout op die plaas beskikbaar het, kan met die M100 gesaagde hout genereer wat voorheen elders gekoop moes word.
Die bewese saagkapasiteit van Timbery-saagmeulens tesame met hoë bougehalte, ’n plaaslike handelsnetwerkt diehandelsnetwerk wat sakpas onderdele oral beskikbaar het, kundige tegnici, ’n volledige reeks Timbery-lemme enonderhoudtoerusting vir lemme, asook die gemoedsrus dat Timbery deel vorm van Wood-Mizer, sorg dat Timbery besig is om dié naam in die saagbedryf te word.