Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 28th May 2025

Tawwer as Tuffy en Mnani Implemente kry jy nie

By 2 min read
373 words

NAM08714

Mnani implemente het sy ontstaan op die plaas gehad in die vroeë negentigs en 27 jaar later staan hulle al hoe sterker. Mnani Implemente is die vervaardigers van Tuffy-werktuie, wat daarop ingestel is boere te gee presies wat hulle wil hê.

Gert Davis van Mnani Implemente vertel die storie: “Ons was maar boere en ons het die werktuie oorspronklik vir onsself ontwikkel.”

Die gewildheid van hulle werktuie het gegroei en hulle het begin om vir die buurplase ook werktuie te vervaardig. Kort voor lank het die bedryf in ‘n maatskappy ontwikkel wat vandag nog sterk staan.

Hulle hoofreeks is wentelsnyers, maar hulle vervaardig ook verskillende tandwerktuie, harke en skottelêe.

Mnani Implemente vervaardig toerusting vir enige grootte boerdery. Hulle klein snyer van 800 mm is gewild vir kleinhoewes, die 1,2  of 1,5 m snyers vir medium boere en hulle kan selfs ‘n snyer met ‘n 3,5 m werkswydte vervaardig.

“Ons gehalte en die feit dat ons een van die grootste wentelsnyervervaardigers in die land is, laat ons uitstaan. Ek dink na 27 jaar is ons betroubaarheid goed bewys en die masjiene moet werk vir ons om nog hier te kan wees,” vertel Gert.

Omdat hulle inhuisveevaardigers is en alles self bou, kan hulle ook baie vinnig probleme oplos en met nuwe ontwerpe kom om ‘n boer se lewe makliker te maak.

Gert vertel dat dit een van hulle sterkpunte is dat hulle produkte nie ingevoer word nie, maar plaaslik in hulle fabriek in Delmas vervaardig word. Dit beteken hulle kan die bystand en naverkopediens lewer wat klante benodig.

“Dit is uiters belangrik omdat ons ook ‘n groot onderdele-afdeling het; nie net vir ons eie werktuie nie, maar ook vir ander handelsmerke,” sê Gert.

Manani Implemente se produkte sluit onder meer in:

  • Tuffy-werkuie
  • Snyers
  • Ploeë
  • Skeurploeë
  • Saadbedbewerkers
  • Skrapers
  • Ronde snyers
  • Hooisnyers
  • Dubbelsnyers
  • Grondbewerkers
  • Tapkarre
  • Planters
  • Rollers

Gert vertel dat dit hulle strewe is om goeie werktuie te lewer teen bekostigbare pryse; werktuiewat jare lank sal hou en waarde vir geld is. Hulle loop graag ‘n pad saam met boere en hy vertel dat dit vir hulle lekker is wanneer ‘n klant terugkom en weer by hulle koop as gevolg van goeie diens.

Jy kan meer oor Imnani Implemente en die Tuffy-reeks lees op hulle webtuiste, www.mnani.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0