SUV
NUWE RENAULT DUSTER: BETER, MOOIER EN TAWWER
Deur DIRK GALLOWITZ van Ultimate Drive Vir die moderne motorwȇreld is sportsnutse omtrent so gewild soos sekere kitskos by Suid Afrikaanse politici – hulle kry net nie genoeg daarvan nie. Dis dan ook die steeds groeiende segment wȇreldwyd onder motorverkopers. Verder word es-joe-wees deesdae al meer kompak soos wat[...]