SAAI
Saai tree suksesvol op teen Departement van Mineraalbronne en Energie se verbod
Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) het suksesvol druk uitgeoefen op die Departement van Mineraalbronne en Energie om sy verbod op die kleinhandelverkope en verspreiding van petrol en diesel in houers terug te trek. Ná die nasionale onluste en plundering in Julie 2021 het die Departement regulasies uitgevaardig wat die[...]
Saai en Santam sink boorgate in Oos-Kaap vir droogtehulp
Die landbounetwerk vir familieboere Saai en Santam het vanjaar saamgewerk om meer volhoubare droogtehulp aan die boere in die Oos-Kaap te bied. Sowat 36 boorgate is sedert Mei vanjaar in die Steytlerville-omgewing geboor waarvan 23 suksesvol water opgelewer het. Die volgende stap is om sowat 24 boere in Willowmore[...]
Saai-direksievoorsitter beloon vir rol in landbou
Dr. Theo de Jager, president van die Wêreldlandbou-organisasie en direksievoorsitter van Saai, het ’n toekenning by die Pan African Farmers Organisation (Pafo) ontvang vir sy rol in die versterking van die organisasie, die uitbreiding van die omvang van landbou-organisasies in Afrika en die bevordering van die belange van boere[...]
Saai-Neasa-vennootskap bied groot impak vir familieboere
Die familieboerorganisasie Saai en die werkgewersorganisasie National Employers Association of South Africa (Neasa) het op 22 April 2021 ’n vennootskapsooreenkoms onderteken om arbeidskwessies in landbou te oorbrug en om boere te help met arbeidsprobleme, asook beleidsbeïnvloeding. Dié vennootskap behels verder dat gesprekke en onderhandelinge met vakbonde en die staat plaasvind en[...]
AfriForum en Saai staan boer by met indien van strafregtelike klagtes oor beweerde silosertifikaatbedrog
AfriForum se privaatvervolgingseenheid en die familieboernetwerk Saai het vandag vir Langspruit Landgoed, ‘n familieonderneming in die Standerton-distrik, bygestaan met die lê van strafregtelike klagtes van bedrog teen die bestuur van Bloemhof-silo’s tydens die eerste kwartaal van 2020. Dit volg nadat Langspruit Landgoed verliese gely het as gevolg van beweerde[...]