SAAI
Saai loods grondeis.org
Grondeise kan ’n plaas lamlê. Duisende grondtransaksies, finansieringsaansoeke en planne om te ontwikkel of uit te brei, is al deur grondeise gekelder, en dit het Suid-Afrika onberekenbaar baie aan werkgeleenthede en plattelandse ontwikkeling gekos. Daarom het die familieboernetwerk Saai vandag die grootste digitale grondeisedatabasis bekendgestel. Hierdie webblad maak dit[...]
Dringende ingryping nodig om Potchefstroom Landboukollege van ineenstorting te red
Saai is geskok en ontsteld oor die haglike toestand van die Potchefstroom Landboukollege (Pampoenboere) se kampus en plaas en het ’n regspan geraadpleeg oor moontlike optrede om die kollege van ineenstorting te red. Studente kla dat die instandhouding van die geboue en terrein so ver agter geraak het dat[...]
SAAI loods ’n nuwe studiebeurs: Nasionale Sertifikaat in Plantproduksie – Cannabis & Hemp
Die toenemende momentum in die Suid-Afrikaanse cannabis en hennep (hemp) bedrywe bied geleenthede om minderbevoorregte persone by hierdie mark te betrek. Vroeër vanjaar het Cheeba Cannabis Academy, ’n leidinggewende onderwys- en opleidingsinstansie in Afrika, met die aanlyn landbou opleidingskollege AGRICOLLEGES international saamgespan en ’n AgriSETA geakkrediteerde “National Certificate in[...]
Saai gekant teen daggawet
Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), ’n organisasie wat die regte en belange van familieboere beskerm, het dokumente ingedien om beswaar te maak teen elemente van die Wetsontwerp op die Private Gebruik van Dagga. Saai bevorder ’n gewettigde en noukeurig gereguleerde dagga-industrie wat ekonomiese groei ’n hupstoot gee terwyl skade[...]
Nathan Naudé het Suid-Afrika se beste lamsvleis
Die familieboerorganisasie Saai en Buffelsfontein Brandewyn het op 2 April 2022 Lamb Champs by Harlequins Rugbyklub in Pretoria aangebied in die soeke na die lekkerste lamsvleis in Suid-Afrika. Tydens Lamb Champs is 50 familieboere van reg oor Suid-Afrika se lammers op die spit gebraai en elke lam is individueel deur 10[...]