plaasaanval
Paraatheid red boer se lewe
Paraatheid en vinnige optrede deur mede-boere en die polisie het waarskynlik Pieter Swart, ‘n boer van Kroonstad, se lewe gered. Volgens Boy Saaiman, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou, is Swart vanoggend deur vier mans buite sy huis oorval toe hy wou uitgaan. Die vier mans het na bewering ‘n deur[...]
Plaasaanvallers poog om voorman in septiese tenk te verdrink
Die 77-jarige plaasvoorman, mnr. Simon Makhotha, was op Sondag, 17 Januarie 2021, die teiken van ʼn plaasaanval op Harrisdale in die Zastron-gebied. Makhotha is omstreeks 20:00 deur drie persone oorrompel, aangerand en met messe gesteek. Toegang tot die plaaswoonhuis is verkry, waarna Makhotha vasgebind en verder gemartel is. Nadat[...]
Vrystaat steier onder nog ‘n plaasaanval in Goudveld
Mark Regal, ‘n boer van die plaas Thelma in die Odensdaalsrus-omgewing, is op 11 November om ongeveer 19:40 noodlottig gewond. Een aanvaller is op die toneel dood, terwyl die polisie vermoed dat nog ‘n aanvaller te voet gevlug het. Rudi van Vuuren, veiligheidskoördineerder van Vrystaat Landbou (VL), het bevestig[...]
Nog ‘n plaasaanval in die Vrystaat
Klaus Meier (81) se vrou het Sondagoggend sy dooie liggaam in hulle plaashuis aangetref. Klaus het verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad. Vrystaat Landbou (VL) spreek sy innige meegevoel uit teenoor die familie van Klaus, van die plaas Asgard naby Ladybrand, wat vermoor is. VL veroordeel enige vorm van[...]
Plaasaanval op Potgietersrus
Ockie Breedt is op Donderdagmiddag net voor 18:00 beseer in ‘n plaasaanval net buite Roedtan op die Marble Hall pad. Ockie is buite by sy voertuig deur twee gewapende aanvallers met ‘n mes en pistool oorval. Hulle het hom in die huis ingedwing en vasgemaak. Die aanvallers het die[...]