Mitsubishi se nuwe Pajero sport
Splinternuwe Pajero Sport kom in September 2017
Mitsubishi Motors Suid-Afrika (MMSA) stel die hoogaangeskrewe splinternuwe Pajero Sport in September 2017 bekend. Dié stylvolle nuwegeslag-Mitsubishi-sportnuts bied verfynde rydinamika danksy talle toonaangewende tegnologiese verbeterings, waaronder ’n hipermoderne outomatiese agtgang-transmissie. Die toevoeging van verskillende weelde- en gemaksnuwighede vir die bestuurder en passasiers maak die splinternuwe Pajero Sport ’n alledaagse genot[...]