grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Redelike vraag Heinie en Hennie eet saam in ‘n restourant. Heinie sny ‘n stuk vleis af, steek sy vurk daarin en hou dit voor sy gesig om dit te aanskou. Heinie: “Sou dit nou beesvleis wees of varkvleis?” Hennie: “Aan watter kant van die vurk?”
Dom Boer se lag vir die dag:
In ‘n eetplek in die Alpe Gas: “Kelner, ek het net een kaastoebroodjie bestel – hoekom bring jy vir my drie?” Kelner: “Ag ek is jammer Meneer, ek kan maar net nie die eggo’s hier in die berge gewoond raak nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Middagete in Spug Gas: “Kelner, hier dryf ‘n gehoortoestelletjie in my sop.” Kelner: “Speak up! I cannot hear you.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Elkeen volgens sy talent Beskuldigde in hof: “Kry tog nou einde met julle knaende uitvraery na tye, plekke en aantal slagoffers – ek is ‘n massamoordenaar; nie ‘n boekhouer nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Die reine waarheid ‘n Koerantjonge staan op die straathoek en skree: “Vyfhonderd mense verneuk met ‘n klomp liegstories.” ‘n Verbyganger koop ‘n Rapport by die koerantjonge en toe hy wegstap hoor hy die jonge skree: “Vyfhonderd-en-een mense verneuk met ‘n klomp liegstories.”