grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Knap speurwerk Watson: “Hoe het jy geweet die ou wat nou net hier was is ‘n vriendelike motorfietsryer?” Holmes: “Elementêr my liewe Watson – daar sit muggies tussen sy tande.”
Dom Boer se lag vir die dag:
In die poskantoor Suinige Hetta: "Ek verstaan as 'n mens 'n telegram stuur betaal jy net vir die woorde, nie vir jou naam en van ook nie." Poskantoorklerk: "Dit is heeltemal reg." Suinige Hetta: "Nou ja, ek wil 'n telegram stuur wat net my naam en van bevat." Poskantoorklerk:[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Welberese onbelesene Hennie: “Wel Heinie, as jy so baie in die wêreld gereis het soos jy vertel, moet jy seker alles van Aardrykskunde af weet.” Heinie: “Nee tog nie – dit is nou een van die min plekke wat ek nog nooit besoek het nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Takt Nadat dokter Slachthuyzen mevrou Iepe Konders deeglik ondersoek het, sê hy: “Dit lyk ernstig. U sal nog net tien leef.” Mevrou Iepe Konders (ontsteld): “Tien wat, Dokter? Tien jaar, tien maande, tien... (sluk)... weke? Dokter Slachthuyzen: “Nege...”
Dom Boer se lag vir die dag:
Daar gaan die gans Dr Randensent gaan met vakansie en laat sy praktyk in die hande van sy pas afgestudeerde seun. Toe hy terugkom vra hy sy seun hoe dit gegaan het. Pas afgestudeerde seun: “Baie goed, Pa. Ek het selfs daardie twee pasiënte wat Pa jare lank sonder[...]